Verdagte vas ná premier doodsdreigemente kry

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes (12 Mei 2017) Foto: ANA

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met SMS-doodsdreigemente wat aan Supra Mahumapelo, Noordwes se premier, gestuur is.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Molopo-streekshof verskyn.

Brian Setswambung, woordvoerder van die premier, het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in Noordwes het die verdagte vasgetrek.

Mahumapelo het ’n saak van intimidasie aanhangig gemaak nadat hy doodsdreigemente op sy selfoon ontvang het.

Mahumapelo het in Junie vanjaar onder skoot gekom nadat hy Madoda Sambatha, LUR vir openbare werke, gepos het oor bewerings dat hy staatsgrond onwettig verkoop het.

Sambatha is ʼn ondersteuner van Cyril Ramaphosa en het dit duidelik gemaak hy is die SAKP se voorkandidaat is om by pres. Jacob Zuma oor te neem.

Sambatha het gesê hy vermoed sy ondersteuning van Ramaphosa het tot sy afdanking gelei aangesien Mahumapelo ’n stoere Zuma-ondersteuner is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.