Verdagte vas na rooftog op plaas

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, wat glo vroeër vanjaar ʼn gesin op ʼn Oos-Kaapse plaas oorval en beroof het, is Vrydag vasgetrek.

Kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, het gesê die huisroof het in Maart op ʼn plaas in die Komga-gebied, naby Stutterheim, plaasgevind. “Die verdagtes het glo die gesin in hul huis oorval en van hul bakkie, selfone en ʼn onbekende bedrag kontant beroof,” het Mzuku gesê.

Hy het gesê die polisie het die bakkie ʼn dag na die rooftog in die gebied opgespoor. “’n 20-jarige verdagte is vandag in ʼn informele nedersetting in die gebied in hegtenis geneem. Die selfone wat tydens die rooftog gesteel is, is in sy besit gevind,” het Mzuku gesê. “Die polisie is op soek na nog twee verdagtes wat by die huisroof betrokke was.”

Hy het gesê die verdagte sal Maandag in die Komga-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Puik diens gelewer Komga- en Stutterheim SAPD.
Hou so aan.

Sê-maar-net ·

20 jaar oud en klaar ‘n skelm…….hartseer, baie hartseer! Statistieke wêreldwyd bewys dit oor en oor en oor: afwesige vaderfigure speel ‘n beduidende rol in misdadigers se lewe (wat meestal jong mans is). Nou wonder ek maar net of dit in hierdie geval ook so is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.