Verdagte vas ná sakeman se lyk in rivier gevind is

Die vermoorde sakeman Eric Lyell. Foto: Verskaf

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die sakeman Eric Lyell (68), ʼn gesiene en geliefde sakeman wie se liggaam Saterdagmiddag in die Vaalrivier gevind is.

Dr. Clarissa Gerber, Eric Lyell (68) se dogter, het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê die verdagte se ouma het jare lank by hulle gewoon en hulle help grootmaak. Lyell se ander kinders is George, ook ʼn prokureur, en John, wat oorsee as vlieënier werk.

Die verdagte se ouma het reeds afgetree en woon nie meer by haar pa in Drie Riviere nie, vertel Clarissa.

Verbygangers het Satermiddag ʼn man se liggaam in die Vaalrivier langs die R59 sien dryf en die polisie is ontbied. Hy is na die Sebokeng-hospitaal gebring, waar Clarissa en haar man, dr. Niël Gerber, haar pa se lyk uitgeken het.

Sy selfoon is later nagespeur in Sharpeville en die stokoue Volkswagen Jetta waaroor hy baie erg was al het hy weeldemotors besit, by Builders in Vereeniging op pad Vanderbijlpark toe.

Ao. Simon Mofokotsane, polisiewoordvoerder, het Dinsdagoggend by navraag die 30-jarige verdagte se inhegtenisneming vir ondervraging bevestig, maar kon nog nie nadere besonderhede verstrek nie.

Lyell word Donderdag om 11:00 vanuit die NG Kerk Drie Riviere-Oos begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Spike ·

ñ Mens dink jy doen goed aan ander wat swaar kry , maar baie keer stel hulle jou die meeste teleur.

Herman ·

Ons sal moet leer om selfwerksaam te wees. Meeste misdaad gebeur gebeur deur mense wat vir jou werk. Direk of indirek.
Ek laat kom geen vreemdes meer op my weef nie. Terwyl ander aewende laan kyk hou ek my besig met takies in en om die huis.

SjN ·

Dit was dus iemand aan hom bekend en vir wie hy vroeer gehelp en bygestaan het, die makste hond byt die seerste, tragies, sterkte aan die familie.

Lollie ·

Dit is baie hartseer so onnodig.”kill the hand that feed you” hoe dom kan n mens nou wees. Innige simpatie aan sy familie mag God hul troos in die hartseer tyd. Sterkte!

Francois ·

Alhoewel hy baie goed gedoen het vir hierdie mense het God nog steeds besluit dat hy op hierdie verontwaardige manier die lewe moet verlaat. Daar is seker n doel hieraan.
Hoe sal ons ooit weet.

Connie Georgiou ·

Francois. Ek hou van jou antwoord. Jy is doodreg..

Connie Georgiou ·

Francois Ek hou van jou antwoord. Jy is doodreg!!!!

Madeleine du Plessis ·

Dis nie God wat ‘besluit’ het dat hy op hierdie verontwaardige wyse moes sterf nie!! Dit is DIE DUIWEL se werk. God het ons vrye wil gegee – daai man het uit SY vrye wil DIE DUIWEL se planne uitgevoer en areme Mnr Lyell verloor.
My innige simpatie aan sy kinders en naasbestaandes. NIEMAND verdien om so te sterf nie. Sterkte

Cor ·

Dit is so hartseer ek ken sy een broer van Hoopstad. Jy dink jy doen goed dan tree gulsigheid en ondankbaarheid in . Stank vir dank

thelsa ·

Ai, AI, AI. Het vir Eric in sy proffessionele hoedanigheid geken. ‘n Werklike goeie man en gesiene burger van die samelewing weggeneem. Hoe sinneloos.

Lindtjies ·

As mens wil goed doen skenk dan eerder geld aan ‘n instansie maar doen dit anoniem. Lyk my die veiligste opsie is om vir die DBV te skenk.

Wilna Thom ·

ek dink mense wat hongerly is net so belangrik
het jy nie familie wat swaar kry?
he did not die in vain, sy blessings is daar bo… en soos die bybel se sal jy oordeel geniet
oor jou dade.

Alida ·

Koop sakke en sakke pille en skenk dit vir die DBV. Die eters van die kos is dankbaar en maak jou nie dood nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.