Verdagte vas ná transitoroof, moord op wag

Die verdagtes het met meer as R400 000 gevlug. (Argieffoto)

Die Valke het ’n 34-jarige man in hegtenis geneem in verband die dood van ʼn veiligheidswag tydens ’n transitorooftog op 1 April op Burgersfort in Limpopo.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, het vier gewapende mans die wag oorval en doodgeskiet kort nadat hy geld by ’n winkel op dié dorp opgelaai het.

“Die verdagtes het met meer as R400 000 gevlug.”

’n Saak van moord en roof is aanhangig gemaak en word deur die Valke ondersoek.

“Die verdagte is Donderdagoggend by sy wegkruipplek op Burgersfort in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die landdroshof verskyn,” het Maluleke gesê.

Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.