Verdagte vas na vrou se dood op wynlandgoed

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde (47), uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, is na bewering Dinsdagoggend vroeg in verband met sy vrou, Susan (47), se moord in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn 47-jarige verdagte omstreeks 06:50 in Johannesburg in hegtenis geneem is in verband met die moord op Susan. Van Wyk het gesê die verdagte sal binnekort in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Van Wyk wou nie die naam van die verdagte bekendmaak alvorens hy in die hof verskyn het nie. EWN het egter berig dat dit Jason is wat in hegtenis geneem is. Daniel Witz, Rohde se regsverteenwoordiger, was nie onmiddellik Dinsdagoggend vir kommentaar beskikbaar nie en Maroela Media wag op terugvoer.

Maroela Media het vroeër berig Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind. Jason het na bewering op sy vrou se liggaam afgekom waar sy in die badkamer met die koord van ʼn haartang opgehang was.  ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen, maar nadat ʼn nadoodse ondersoek gedoen is, is ʼn saak van moord aanhangig gemaak.

Witz wou vroeër nie kommentaar lewer oor bewerings dat Jason en Susan die aand voor haar dood ʼn hewige argument gehad het nie. “In die lig van die voortgesette ondersoek en die feit dat die saak sub judice is, kan ons nie nou hierop kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Judy-anne ·

As dit dan so is dat dit hy is , hoekom skei mense nie net nie of loop net maar om iemand dood te maak wat bring dit jou nou in die sak? behalwe natuurlik as hy ander weggesteek/gedoen het wat net sy weet dalk, maar om iemand dood te maak verstaan ek glad nie dit maak net nie sin nie vat jou goedjies en loop as jy dan gatvol is of watookal maar regtig jy moet verseker paar peaunuts mis in die kop as jy net links en reg wil moor om van iemand ontslae te raak.

Jakoba ·

Judy Anne ek stem 100% saam. Ek kan ook nie verstaan hoekom dan maar net skei nie. Dalk wou sy skei en hy et besluit as hy haar nie kan he nie sal niemand haar he nie. Ek dink die man is n narsisties, en as dit hy is, weereens dink ‘n narsis hulle kan doen wat hulle wil en geen haan sal daarna kraai nie. Karma is a biatch

Lizelda Janse van Rensburg ·

Ja Judy-Anne as ek al die berigte lees dat mense hulle man of vrou deesdae vermoor eerder as om te skei, moet ek seker dankbaar wees ek is geskei en nie vermoor nie. Dit maak my baie bang om weer te trou.

Gert ·

HOE nou ? in die eerste paragraaf word haar man se naam genoem en gese hy is gearresteer! dan volg die 2 de en die 3 paragraaf wat se dat die verdagte se naam nie bekend gemaak kan word alvorens hy in die hof verskyn het nie.

Edmund ·

Om jou vraag te antwoord: Weens die feit dat die oorsprong van die inligting nie van dieselfde bron afkomstig is nie.

Kos Niks ·

As jy direk hof toe gaan omrede jy nie geld het nie kos dit onder R100. Ek het jare terug R20 betaal dat die balju die briewe aflewer. Geen verskoning nie.

Karma ·

@Gert & Irene: lees mooi – die berig sê dat Kapt. van Wyk van die SAPD nie die verdagte wou noem nie (soos die praktyk is – enige beskuldigde moet eers pleit) maar Eye Witness News (EWN) het die oorledene se man as die verdagte genoem.

Oupa Neels ·

My vrou is al 8 jaar oorlede aan kanker. Ek mis haar vreeslik en is nog steeds alleen. Dan kry jy mans wat hulle vrouens vermoor. Dit maak my woedend. As dit hy is hoop ek hy kry sy dag.

Hannelie ·

Ek stem saam Oupa Neels. Hy sal beslis sy dag kry…altans ek hoop so. Ek voel ook dat hy eerder van haar moes skei, hoekom vermoor? Dan het hy mos ‘n moordadige streep weg. En altyd in sulke gevalle is die man/vrou ‘n verdagte. Nogal gewonder oor hierdie een.

Mientjie ·

Gert – lees asb weer die berig, daar word duidelik in paragraaf 3 gesê, “EWN het egter berig dat dit Jason is wat in hegtenis geneem is!!”

tw ·

More Gert, More Irene.

Ek verstaan ook nie hoekom moord pleeg nie, daar is so baie ander opsies. In elk geval, hoe moet n vrou haar teen n man se krag verdedig?

Kiepie ·

tw, dit behoort nie nodig te wees vir ‘n vrou om haar teen ‘n man (veral haar eie man) se krag te verdedig nie. ‘n Man wat ‘n vrou aanval is nie ‘n regte man nie, hy is ‘n lafaard. ‘n Man wat sy eie vrou aanval is nog laer as dit.

Pop ·

Dit gaan al meer gebeur!!!net hierdie naweek hoor ek hoe n vrou vir haar vriendinne se hoe sy haar man sal kaalgat uittrek as hy sou waag om haar te wil skei. En die naakte weersin wat ek op daai man se gesig gesien het toe hy na haar kyk. Nou word mans gedreig en afgepers om in n huwelik te bly. Ek is verbaas dat mense nog trou. Die eise wat gestel word sou daar n egskeiding kom is enorm.

Piet ·

Hallo Pop, jy moet nou nie n aplous verwag vir jou kommentaar nie, maar ek kan tog sien uit watter hoek jy praat. n Man moet maar sy hande tuis hou – dis die Christelike manier.

Cherokee ·

Waarom pla dit jou? ‘n Vrou is geregtig op haar deel as hul paai skei.

Knersus ·

Heeltemal tereg Pop – presies wat hier ook die geval is. Veral as daar ‘n derde persoon betrokke is kon sy hom kaalgat uitgetrek het, nie eers the pre-nup kan dit keer nie. . Geld, geld, geld….. Maar liewer die helfte van my geld verloor as die res van my lewe.

SNEL ·

Om te dink mens staan voor die kansel en dit miskien nog langs jou moordenaar. Dis vreeslik en sy lyk so fyn en klein, sy het nie eers n kans gestaan nie. Wonder of hulle kinders het, wat nou sonder n ma en pa deur die lewe sal moet gaan as hy skuldigbevind word, maar waar n rokie is is n vuurtjie.

Anoniem ·

Tragies.. Ek het ook drie pragtige dogters. Ook geskei. Maar sal nie moor nie..Dan verloor ons kinders albei ouers in ‘n geveg wat hulle nie gekies het nie. Maar ja..
Kom ons wag vir die staat om die saak te bewys in hierdie saak…

Theresa ·

Iewers in die proses om die koord om die nek te bind en dan nog die ophang te bewerkstellig, behoort ‘n normale mens sy sinne te herwin…

Marietjie ·

Ek is nie eers n polie vrou nie maar kon nadat ek dit in Rapport gelees het ek dit verwag. Hy het n verhouding gehad…. hk sy vrou vermoor. Skei en gaan aan met jou lewe maar om haar te vermoor!!! Wie gee jou die reg om iemand te vermoor. Hier kom nog n siek storie soos Oscar!!! Sterkte aan die vrou se familie en haar kids. God slaap nie !!!

Marietjie ·

Sien jy dra kennis van die saak. Skakel asb die polisie onmiddelik. Of kan ons maar jou details vir die polisie gee?
Hou op spekuleer en stories opmaak.

Liewe heksie ·

Shame Marietjie soos albei gevalle was jy daar en dan speel jy nog regter ook shame ek kry mense soos jy bitter ja bitter jammer want jy sit op jou talent gmf

Joann ·

Lafaard. Sies. Ek em my man is 48jr.getroud en het ook al soms gevoel om hom wakker te skud maar nie so erg dat ek sal moor nie. Verstaan mooi my man is nie sleg nie,net so stadig en ek is te haastig.

Frans C ·

Dan het jy seker al agtergekom dat ‘Haastige spoed is selde goed’.

Vlooi ·

Julle moet vir ons nuus gee van daai ou wat nou weer in Florida sommer mense met ‘n mes aangeval het en die een se gesig opgevreet het terwyl hy soos ‘n dier grom. Die duiwel is los in hierdie wereld.

jaco ·

daar doen die onopgeleide swak SAPD dit weer: ondersoek nie behoorlik nie, want hulle kan nie, en vat die maklike uitweg: blameer die slagoffer se eggenoot. Met die Inge Lotz moord was dit dieselfde: blameer die ex-boyfriend. met die Steenkamp-plaasmoord in Griekwastad was dit dieselfde: blameer die seun wat die aanval oorleef het. Met Oscar weer is net 6 jaar gevangenisstraf gegee, want sy slagoffer is wit, so dis nie ‘n groot verlies nie.
Politieke korrektheid, regstellende aksie, swak opleiding ens ens gaan Suid-Afrika binne 5 jaar oor die afgrond stoot.

KarooKlong ·

Jaco, dit is duidelik dat jy nie die storie gevolg het nie. Wat jy nou sê is teenstrydig met wat ek van die storie gevolg het. Gaan kyk gou, jou honde blaf.

Columbiana ·

Jinne Jaco
Jy is baie confused ou seun seker glo jy ook in UFO’s en elke moontlike conspiracy teorie wat jy kan kry.
Siestog

Sonja ·

Vertitas, moenie so antwoord nie, dit het niks met Oscar Pistorius te doen nie.

Denise ·

Ons lewe in n baie siek wereld , want die drie dogters gan daar onder ly en dit is hulle lieflikke moeder wat vermoor is deur hul eie pa en hulle sal hom moet vergewe vir sy oomblik van swakheid ai ek verstaan nie die lewe nie !!!! Hoe slaap sulke moordenaars , verkragters, mense wat ander onskuldige mense seer maak dit is vir my net te veel !!!! Sterkte aan die drie pragtige dogters!!!!!!!

Gert ·

Ek het gesê ek ruik ‘n baie stink ROT!!!!!! Daar’s dit!!!!

Andrea ·

Ja, en toe word ons uit alle oorde veroordeel… mens gebruik maar net jou gesonde verstand in sulke gevalle.

Hennie ·

Vraag is hoe op aarde kan mens jou eie vrou vermoor, wat gaan aan in jou lewe? Op ‘n stadium was hy dalk lief vir haar, nou voel hy so min hy kan haar nie net uitlos nie, hy moet haar doodmaak?

Nita ·

Ek dink as jy so ver gaan, is jy of net pleinweg wreed, of van jou verstand af daardie oomblik. Geen mens sal net sommer so iets doen nie.

Veritas ·

Menige getroude mans het nog nooit aan ‘n egskeiding gedink nie maar aan moord, baie!

Pine ·

Ek wil nie graag kommentaar lewer oor die lafhartige moord nie maar wil graag weet hoe so ‘n person wat moor dink hy gaan daarmee wegkom.

LS ·

@Pine ek stem saam met jou. Van my kant wil ek ook byvoeg dat daar ook nie ‘n kortpad oplossing is vir iets wat ‘n mens verbrou. Daai kortpad gaan maak dat jyself die afgrond gaan tref……

Lizaan ·

Ons Vroue moet opstaan teen mans wat hulle hande lig……
Baie keer veroorsaak een klap wan-belaans in die bruin. Dit kan ook veroorsaak dat die man meer geweld begin toepas. VROUENS word meer en meer slagoffers van aanvalle kom staan jou man. As man jou wil klap skop of slaan los hom jy verdien better. Ek was 2 jaar saam dronk man wat my elke naweek geslaan het. Toe gaan vra ek raad by die kerk 3 jaar later het ek ‘n wonderlike man met kinders. Ek kan nie kinders kry nie want my xs man het my geskop dat my vroue deele omgedraai het. So kyk na julle self mag God saam julle wees en ek bid vir haar familie dat Jesus saam hulle sal wees……. amen

Wilmien ·

Sjoe hoe maklik is dit vandag om iemand dood te maak….BRING TERUG DIE DOODSTRAF !!!

Marita ·

Ek is onder die indruk dat die media nie ‘n verdagte se naam mag publiseer alvorens hy/sy nie aangekla is nie. As ek reg onthou, het die hoof van die departement joernalistiek van Stellenbosch gesê het dat sommige joernaliste dit wel doen en dat dit ‘n totaal onaanvaarbare praktyk is. Kan Maroela Media dalk hierop antwoord?

Nico Strydom ·

Dagsê Marita

Dankie vir jou navraag. Ons publiseer die name wanneer dit of deur die polisie bevestig is of in elk geval reeds in die media bekend is. Ons sal slegs bekend maak dat iemand in hegtenis geneem is, en nie impliseer dat hulle wel skuldig is nie deur woordkeuses soos “glo” en “na bewering”.

Digitale en sosiale media het die mediaprentjie totaal verander in dié sin dat verdagtes wat in hegtenis geneem is, se name dikwels in die openbare domein is al het die persoon nog nie in die hof verskyn nie; dit blyk dus sinneloos te wees om dit te weerhou as die naam algemeen bekend is. Die reëls van mediabeginsels het dus baie verander met digitale media. Ons sorg egter altyd dat ons verantwoordelik optree deur seker te maak die inligting is reeds bekend en dit is bevestig.

Regskenner is dit ook eens dat die “reël” dat iemand eers geïdentifiseer mag word nadat hulle in die hof verskyn het, nie meer geldig is nie.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Aloma ·

Ai tog ‘n vooraanstaande gesin, en nou die arme kinders wat agter bly en noodwendig moet aangaan met hulle lewens, wonder hoeveel het drank te doen gehad met die tragedie! Sterkte aan die grootouers en drie dogters!

Moegviraldiebeloftes ·

@ Veritas – dis nie net die mans wat so voel die vrouens voel ook so want hoe ouer die man word hoe simpeler is die goed wat hy aanvang bv selektiewe gehoor, geheue, geheue verlies en die graad van volmaakheid wat hy bereik het MAAR daar hou die idees van moord op – dis lekkerder om maniere uit te dink om hom van kant te maak as om dit deur te voer. Die idees verander later in kopskud, ongeloof en dan groot humor oor die situasie maar dan sit ek nie in ‘n huwelik waar daar buite egtelike verhoudings is of waar ek mishandel of misbruik word nie. Stel voor elke situasie het sy eie oorsake van handelings die eintlike ding kom daarin as jy moet pa staan vir jou handelinge en of jy mans genoeg is om dit te kan doen

Beth ·

Ek kan nou al raai die badkamerdeur was afgebreek. En nie omdat hy wou kyk of sy oraait is nie…

Marlene Mackenzie ·

It’s so very sad. A whole family has been torn apart … Friends too. It’s like ripples in a pond.

Ronnie ·

Ek is só bly dat geeneen van die kommentators weer die “moenie oordeel nie” kaart speel nie.

Beth ·

Kom ons wag en kyk. Hy het reeds verklaar dat hy nie die deur kon oopkry nie. Dit was seker ‘n verduideliking vir ‘n afgebreekte deur.

Nico ·

Het nie al die vorige kommentaar gelees nie. Miskien is die punt al gemaak. Maar wat het geword van ‘n beskuldigde se naam weerhou tot hy gepleit het op die aanklagte? In die Zephany Nurse saak is die beskuldigde se naam weerhou om die minderjarige kind te beskerm. Wat van hierdie arme kinders wat ‘n ma -en moontlik ook nou ‘n pa verloor het? Hulle is nou midde in die media binne hul sosiale omgewing?

gomvingertjie ·

daar is geld om te skei,,,,daar is natuurlik n hengse lewenspolis wat uitbetaal so dis mos nou lekker maklik en finansieel voordeliger om te sterf as om te skei,,,just my 5c worth of opinion,,,

tw ·

Kiepie stem so 100% saam met jou, maar dit gebeur daagliks in duisende huishoudings. Sieklik, maar feitlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.