Verdagte vas oor groot trop gesteelde kalwers

Lourens de Jager se kalwers wat teruggevind is. (Foto: SAPD)

’n 37-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met Lourens de Jager, ’n boer van Noordwes, se trop kalwers wat ’n week gelede op sy plaas buite Vryburg gesteel is.

Maroela Media het vroeër berig 85 van die 98 gesteelde kalwers is intussen opgespoor en aan De Jager terugbesorg.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Sondag gesê die polisie se veediefstaleenhede in Vryburg en Kuruman het die verdagte Saterdag ná ’n ondersoek in Kuruman in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die gesteelde kalwers.

Lourens de Jager se kalwers wat teruggevind is. (Foto: SAPD)

Die verdagte het ná sy inhegtenisneming die polisie van drie boere ingelig aan wie hy die gesteelde kalwers verkoop het. Altesaam 82 kalwers is só in die omgewing van Kuruman opgespoor.

De Jager sê nóg drie van sy kalwers is in die omgewing van Heidelberg in Gauteng, meer as 400 km van Vryburg, gevind.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Vryburg verskyn op aanklag van veediefstal.

Daar word in dié stadium nog na die res van die gesteelde kalwers gesoek.

Lourens de Jager se kalwers wat teruggevind is. (Foto: SAPD)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ralph ·

Dit wil vir my ook so lyk. Hulle moet hom lank toesluit, gemors.

Persheks Adri ·

Goeie nuus vir die boer! Ek hoop en bid hulle kry sy ander kalwers ook terug. Ek weet dis nie al sy kalwers nie, maar beslis beter as niks nie

SomeOne ·

jy laai nie 98 kalwers op ‘n sleepwa nie, of sleepwaens nie

Daizee ·

Verseker nie! Én daar is nie net een paar hande wat die plan tot uitvoer gebring het nie!!

Oujongvrou ·

Ek hoop die boer het die beloning vir die persoon gegee wat die polisie ingelig het. Of dan vir die polisie dame. Was goeie werk.

Frieda ·

Arme kalwers van bakboord na stuurboord!! hoop hulle kry nou rus.

SjN ·

Die voorheen benadeelde steler was nie alleen betrokke nie, hoop hy boet vir sy dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.