Verdagte vas oor liggaam in kattebak

Die vuurwapen en ammunisie waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval vroeër die week toe ʼn man se liggaam in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Ocean View in Kaapstad gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die man is deur speurders en misdaadvoorkomingsbeamptes van die SAPD in Ocean View vasgetrek. Daar is tydens die inhegtenisneming op ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

Volgens Rwexana is die oorledene se motorsleutel ook in die verdagte se besit gevind.

Besonderhede oor die gebeure wat gelei het tot die oorledene se dood is tans baie skraps. Volgens mediaberigte word daar vermoed dat die man die slagoffer van ʼn kaping was. Daar word beweer dat hy geskiet en in die kattebak van sy voertuig ingedwing is, waarna die kapers met hom in die voertuig weggejaag het.

Die motor is Woensdag uitgebrand op Slangkopweg gevind met die man se liggaam in die kattebak.

Rwexana het gesê nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Netso ·

Ek as mens skaam my somtyds om as ” ñ mens” verwys te word as jy sien wat een aan ñ ander kan doen!

Liberaal ·

Ons liberaliste sien mos moordenaars as kosbare slagoffers van omstandighede, as jy nie daarvan hou nie verwerp maatskappye wat liberaliste en kommuniste se saak bevonds.

Philip ·

Net een woord siek. Die persoon het terug gekeer na sy motor nadat hy branderplank gery het en toe ontvoer is. Jou lewe is noks werd nie. Ongelukkig sal hulle nie die doodstrsf inbring nie want dit sal ‘n 24/7 besigheid wees. Simpatie en gebed met naasbestaandes

Heksie ·

En steeds verander niks in hierdie land nie … inteendeel mens lees net elke dag van nog meer moord, roof, verkragting … siek wêreld waarin ons leef, of liewer, prober oorleef.

KaterinaKat ·

Liberaal is maar net sarkasties. Alles wat hy se is akkuraat. Hy se dit net op sy eie manier. SO – n bietjie minder venyn, okay? Die ou maak dieselfde punte wat ek en julle op Ons eie maniere maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.