Verdagte vas oor moord op N1

Zelda van Niekerk is beroof en geskiet nadat sy met ’n pap band langs die N1 in die Kaap gaan staan het. Foto: Facebook

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou wat Vrydag op ʼn Kaapse snelweg stilgehou het nadat haar motorfiets se band gebars het.

Die Wes-Kaapse polisie sê die vrou, Zelda van Niekerk (45), het onder die N7-oorbrug op die N1 stilgehou en is daar oorval, beroof en toe in die maag geskiet. Sy het later in die hospitaal aan haar wond beswyk.

Die man is in hegtenis geneem nadat lede van die Kaapse polisie se honde-eenheid, die dwelm-en-bendetaakspan en nog ʼn spesialiseenheid Vrydag omstreeks 20:00 gereageer het op ʼn wenk van die publiek dat ʼn vuurwapen in ʼn huis gehou word in Kensington, ʼn woonbuurt langs die N1, nader aan die middestad.

Die polisie sê beamptes het die huis deursoek en afgekom op ʼn gelaaide .38-rewolwer bo-op ʼn hangkas, ammunisie asook verskeie bankkaarte en ʼn rybewys in ʼn asblik.

Later het die polisie vasgestel die kaarte het aan Van Niekerk behoort wat vroeër die dag op die N1 beroof en geskiet is.

Die 33-jarige man wat in die huis aangetref is, word aangekla van die besit van ʼn onwettige vuurwapen, vermoedelik gesteelde goedere, die onwettige besit van ammunisie en is ook ʼn verdagte in die moordondersoek in afwagting van ballistiese toetse van die vuurwapen waarmee die SAPD nog besig is.

Die man bly in aanhouding in die selle van die Maitlandse polisiekantoor.

Naasbestaandes, vriende en lede van die motorfietsgemeenskap bring intussen op Facebook en elders hulde aan Van Niekerk, wat op twee weke gelede 45 geword het. “Met gebroke harte verwerk ons die dood van Zelda van Niekerk” skryf die groep Lady Bikers SA. “Rus in vrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Elvira ·

Dankie vir die persoon wat die polisie laat weet het van die rewolwer en BAIE DANKIE POLISIE. Julle het goed gedoen. Hou die skurk agter tralies. Dalk het hy al voorheen soiets gedoen. Sterkte aan familie en vriende.

Jan ·

Is dit niemaar die kapenaars wat nog al die jare so liberaal was en steeds is nie…

piet ·

om liberaal te wees is een ding. om moordasig te wees ieta heeltemal anders.

Charles ·

Ai foeitog Jan, kruip asseblief onder die klip uit waar jy soveel jare geskuil het…..groete van ‘n trotse Kapenaar !!
Innige simpatie aan Zelda se familie, naasbestaandes en vriende!

Pieter ·

Hy sal niks oorkom nie…baie sterkte aan die familie. Dit word nou te maklik om te maak soos jy wil.
Jan jys buite orde asb.

Cherokee ·

Jou kommentaar is een van daardie wat MM onmiddellik moet sensor. Hy sal niks oorkom nie, hy sal niks oorkom nie, hy sal niks oorkom nie… Maroela, verwyder die kommentaar van Pieter asseblief en moet nie sulkes in die forum toelaat nie asseblief.

Cherokee is PREFEK ·

Cherokee….wie het JOU MM PREFEK gemaak?
Gee jou opinie oor DIE BERIGTE en NIE op ander mense se opinies nie!

Cherokee ·

Ek reageer nie op mense wat te lafhartig is om by een gebruikersnaam te bly.

Gefrustreerde Suid-Afrikaanse Erdvark ·

Suid-Afrika is oorspoel met onwettige vuurwapens.
Hoe en waar het die moordenaar die vuurwapen bekom?
Wat het die moordenaar besiel om die dame te beroof en te skiet?
Onder welke omstandighede het hierdie moordenaar groot geword? Is sy pa te vinde?
My dank aan almal wat bygedra het tot die moordenaar se inhegtenisname. Mag reg en geregtigheid geskied.

Johannes Jacobus Ystervark ·

Beste Erdvark,
My hart is seer en my siel huil as ek, Johannes Jacobus Ystervark, met my oë en ore waarneem wat in sonnige Suid-Afrika aangaan. Vele Suid-Afrikaners doen wat hulle dink is reg in hul eie oë. Die Suid-Afrikaanse nasie is ernstig siek. Geen moord kan geregverdig word nie. Ons het almal ‘n uitdaging om wet en orde te bevorder. Elkeen van ons kan ‘n stel ore en stel oë wees vir ‘n doeltreffende effektiewe polisiemag. Gaan heen en doen juis dit.

Jordaan ·

Ja, my groot vrees deesdae as enige van my gesinslede iewers heen moet ry is dat hulle voertuig gaan breek, want die barbare wag omtrent orals. Innige simpatie aan die naasbestaandes.

Cherokee ·

Die skok is die vervuiling van scrêp in SA dat indien so iets iemand tref is die skuim daar om boos te wees.

anton ·

Jy het nogal n punt beet Jan.
Ja daar is baie mense wat niks verkeerd sien wat besig is om te gebeur in die land vir die laaste 20 jaar plus.
Hartseer maar waar!!!

Mickey ·

Aitoggie, nog n jong lewe weggevat vir geen rede nie. Ons het so n paar maande terug in die aand het iets getref op die hoofweg. Die band het gebars en dit was reën weer. Instink het ingeskop en ons het stadig aanhou ry tot by die naaste vulstasie. Daar vertel die pertoljoggie dat n paar mense met ‘gunpoint’ beroof was was stil gehou het nadat hul bande beskadig is deur die goed wat opsetelik oor die pad gegooi was.

AJ ·

Wit mense word daagliks gewelddadig beroof, aangerand, verkrag en vermoor.

Dis oorlog!

Bewapen en verdedig jouself!

Jan ·

Soos ou eugene terblanche so reg opgemerk het….n wirman sonder n wapen is n dooie witman…

Du ·

Ek dink die band wat gebars het is veroorsaak deur iets wat daai gemors wat haar vermoor op die pad oppervlaktegesit het, alhoewel ek glo dit eerder vir n kar bedoel was. RIV Tannie

Elsa ·

RIV Zelda van Niekerk en my innige simpatie aan haar familie en vriende. Nog ‘n sinnelose moord waar ‘n onskuldige persoon vir geen rede doodgemaak is. Wat gaan in so ‘n moordenaar se kop aan? Het hulle ‘n ingewortelde haat in hul binneste of woede? Teen blankes, teen vrouens, dalk motorfietsryers of sommer net enige mens wat op die verkeerde tyd sy pad kruis? Wat veroorsaak dat ‘n mens se lewe geen waarde meer het vir sommige mense in ons land en samelewing nie? Ander bevolkingsgroepe se mense word ook so sinneloos doodgemaak en ek gee nie voor dis net ons blankes wat daaronder ly nie. Elkeen van ons se lewens is vir ons kosbaar, maak nie saak wat ons velkleur is nie. Daarom moet ons mos respek het vir ander se lewens ook.

Pieter ·

Wonder of cherokee nie ook so iets sal doen nie. Dit klink so…..kom ons kyk wat met mnr verdagte gebeur.

AmY ·

Hy gaan seker borg kry, en dan tien teen een wéér moor.

Maar ek kan ook natuurlik verkeerd wees.

Geweeg en te lig bevind ·

Dis te laat. Dis te laat wanneer ‘n sinnelose moord gepleeg is ongeag wat met die moordenaar gebeur. ‘n Onskuldige mens het haar lewe verloor weens vuilgoed wat ons land oorheers.
Medelye aan haar familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.