Verdagte vas oor OR Tambo-rooftogte

Argieffoto

ʼn Vyfde persoon is in hegtenis geneem in verband met slagoffers wat na bewering van OR Tambo Internasionale Lughawe agtervolg is.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê sewe persone is aanvanklik op 13 Oktober in hegtenis geneem waarna drie ná ondervraging vrygelaat is. Vier van die verdagtes bly in aanhouding. Die vier verdagtes is Mandla Dlamini (23), Nqobile Moyo (35), Frank Mudau (35) en Martin Sibanda (37). Die verdagtes het Dinsdag in die Wynberg-streekshof verskyn om formeel aansoek te doen om borgtog. Hulle bly in aanhouding tot 1 November en wag vir regsverteenwoordiging.

“Die vyfde verdagte, John Kabelane (32), het ook Dinsdag in die Wynberg-landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding tot 30 Oktober wanneer hy na verwagting sal aansoek doen om borgtog.”

Die verdagtes staan onder andere tereg op aanklag van gewapende roof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet ·

Ek maak beswaar oor die demografiese samestelling van die verdagtes in hierdie artikel. Waar is die nare witmense?

Lynn ·

Wat het geword van die toergids se moordenaaes wat hom koelbloedig doodgeskiet het by OR Tambo paar maande terug. Net oor Hy in ‘n toerbussie werk.. sommer Sy deur oopgeruk en hom vermoor.. nie eers gehoor polisie soek hulle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.