Verdagte vas oor R15 miljoen dwelms by Durban-hawe

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn 37-jarige man is in Aucklandpark, Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met dwelmmiddels ter waarde van ongeveer R15 miljoen wat Dinsdag by die hawe in Durban gevind is.

“Die man is in hegtenis geneem ná ʼn intensiewe ondersoek deur die Valke,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die elite-eenheid, gesê. “Hy sal na Durban geneem word om Maandag in die plaaslike landdroshof te verskyn.”

Die Valke, Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en beamptes van die reaksie-eenheid by Durban se hawe het Dinsdag op 60 kg kristalmetamfetamien (beter bekend as tik) afgekom.

“Die dwelmmiddels was in vragsakke versteek tussen kosbokse. Die straatwaarde is na raming ongeveer R15 miljoen,” het Mhlongo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Julie J. van Rensburg ·

Eintlik behoort elke dwelmhandelaar gedwing te word om van sy eie gemors te eet, rook of drink – hoe dit ookal ingeneem word, maar dit moet byna ‘n OOR-dosis wees. Dit is ‘n bekende feit dat sulke smouse self nie dwelms gebruik nie, derhalwe ondervind hulle nie die gevolge van inname en die verslaafdheid wat dit meebring nie. Al waarin hulle belangstel is die geld wat dit inbring, maar voel vere vir die jongmense wat enigies sal doen om meer in die hande te kry nadat hulle verslaaf aan so ‘n middel geraak het. Hulle gee ook nie ‘n flenter om as – en wanneer – so ‘n verslaafde (veral kind) as gevolg daarvan sterf nie. Nee, kyk, as EK enige seggenskap in reg en geregtigheid gehad het, veral as ek nogal ‘n magistraat of regter was, sou ek die skuldige in eie m unt laat terugbetaal – forseer hom/haar om elke dag (onder toesig van tronkbeamptes) sy/haar dosis tik, nyaope of wat ookal in te neem – met ander woorde, die beskuldigde moet self gedwing om ‘n verslaafde te word…. INDERDAAD, ons moet eintlik weer na die =Ou Testament wette terugkeer – oog vir oog, tand vir tand – en die roede moet weer onder die kinders ingelê word sodat hulle kan viel as hulle nie wil hoor nie!!!

Jan maak n plan ·

Julie dis nou n goeie plan. Laat die smokkelaar al sy eie produk net daar en dan self opgebruik.

Veritas ·

Die hoeveelheid dwelms wat deesdae gevind word, maak my bekommerd. Dit wil voorkom asof Suid-Afrika een van die dwelmnetwerke, se belangrikste bestemmings of verspreidingspunte geword het.

Johan ·

Nee Veritas, nie die belangrikste nie, die maklikste land om dwelms in te bring.

vermeende ·

Hierdie derigte is kommerwekkind en die hoeveelhede van die fondse taal mens sidder. As ons kyk hoe vrylik dwelms beskikbaar is dan glo ek minder as 10% word gevang, as ons op 10% kan werk dan beteken dit dat 150 000 000 reeds verkoop is met hierdie vangs.
Dit wys maar net hoe swak die SAPD en ons duane is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.