Verdagte vas oor Stellenbosch-bylmoorde

Lees ook: Stellenbosch-bylmoorde: Polisie bevestig, familie reageer

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (hier 16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (hier 20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

ʼn 21-jarige man is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op die drie lede van die Van Breda-gesin wat in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed in Stellenbosch vermoor is.

Maroela Media verneem die verdagte het hom Maandagmiddag saam met sy regsverteenwoordiger by die Stellenbosch-polisiestasie oorgegee. Volgens wet mag die verdagte se naam nie bekend gemaak word voor hy in die hof verskyn het nie.

Die deurbraak kom ná ʼn lang polisieondersoek na die moord op Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) wat op 27 Januarie 2015 met ʼn byl vermoor is. Hul dogter Marli (17) is ernstig in die aanval beseer, terwyl haar broer, Henri (21), slegs geringe beserings opgedoen het.

Ben Rootman, woordvoerder vir die Van Breda-familie, het gesê hulle sal binnekort kommentaar lewer.

Die polisie het deurentyd die media se vrae oor die ondersoek op geheimsinnige wyse beantwoord deur slegs te sê die ondersoek duur voort. In Januarie vanjaar het Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), aan Maroela Media gesê dat die dossier van die saak aan die NVG oorhandig is. Ntabazalila het gesê die NVG sal die dossier bestudeer om ʼn besluit te neem of iemand in hegtenis geneem kan word.

Lees alle vorige berigte oor die De Zalze-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

tasssie ·

Ja nee en ek dink ons weet almal maar laat ons maar wag he

Paul ·

Ek verstaan nie hoekom hulle nie net se dit is Henry nie. ENCA het van middag al ‘n berig uit gebring dat Henry homself gaan oorgee het aan die polisie. Nou is dit bleikbaar die ondersoek wat vrugte afwerp.

Christelle ·

Jip het dit al d tyd vermoed, ‘n mens kan seker net vir so lank met jou gewete saam leef ;)

Elmarie ·

hoe is dit dat die man wat in hegtenis geneem is en die seun ewe oud is?

Louis Ferreira ·

Henri was 21 in 2015……..dit is nou 2016 dan is Henri mos 22 jaar oud of hoe?

wanda ·

AT LAST!!!!!!!! Ek het rerig gedink hiervan gaan niks kom nie, dankie vir die ondersoekspan, natuurlik weet ons wie die jong man is, maar wag maar vir die uitkoms van die saak. Knap gedaan!

Anoniem ·

Kan dit net toevallig wees dat die verdagte en Henri die selfde ouderdom is? Ek dink steeds hy is skuldig

Hugo ·

Hoekom word Beeld dan toegelaat om te berig Henri van Breda het homself so pas oorgegee? Geld die wet dan nie vir alle media nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Hugo

Die wet geld wel vir alle media, maar in sommige gevalle, besluit sekere media om wel verdagtes se name bekend te voor hulle in die hof verskyn het. As Maroela Media kan ons ongelukkig nie verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar vir enige ander mediahuis of koerant nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Marietjie ·

Ek dink die 21 jarige wat in hegtenis geneem is is niemand anders as mr Henri homself nie….. Dit is mos altyd hoe beriggewing geskied, weerhou name om te dink ons is dom!!

Dassie ·

Nee Marietjie, hulle weerhou name omrede dit volgens wet nie bekend gemaak mag word voordat die verdagte nie in die hof verskyn het nie. As hulle name noem kan hulle moontlik die hofsaak en die hele saak teen die verdagte belemmer. Onthou, die media moet ten alle tye sover moontlik onverskillig bly om sodoende regverdige beriggewing (askies ek is nie seker of dit een of twee woorde is nie) te handhaaf.

Laurika ·

Die verdagte het homself oorgegee MET sy regsverteenwoordiger. Wie op 21 jarige ouderdom kan ‘n regsverteenwoordiger bekostig om jou te vergesel na die polisie stasie? Henri natuurlik.

Frikkie ·

Ek kry die seun baie jammer. Dit is sleg dat dit moet gebeur het. Een oomblik van waansin en jou hele lewe is daarmee heen? Alle liefde en sterkte vir jou boeta. Jy verdien nie om tronk toe te gaan nie.

Johanita ·

Ek stem nie saam nie. As dit hy is wat dit gedoen het, behoort hy vir die res van sy lewe toegesluit te word, oomblik van waansin of te not. Geen mens wat daartoe instaat is om sy eie bloed so gewelddadig te vermoor, en dan nog vir so lank maak asof hy onskuldig is, behoort enigsins in die samelewing nie.

Karin Harris ·

Askuus Frikkie!!! Hoe kan jy sê hy verdien nie tronkstraf nie…..Om jou eie gesin of al was dit ‘n ander gesin, met ‘n byl dood te kap, verdien die doodstraf of lewenslank in die tronk!!!!

Jammer ·

Hi Frikkie, ek kry hom ook jammer, hy het met die verkeerde goed deurmekaar geraak. Die reg moet sy gang gaan en as hy die skuldige is (ja almal rustig, dit dui daarop, dit moet egter eers in ‘n hof bewys word)met hy tronk toe gaan. Hoop hierdie is ‘n les vir jong mense, as jy jou met verkeerde goed ophou gaan jy beslis lang trane huil, dalk nie dadelik nie, want dan is jy nog manhaftig, maar later. dan besef jy jou verliese en dade. Vir ouers, kinders moet nie net geld in die hand kry nie, hul moet aandag, stimulasie kry en as hul vreemd is, gaan tot die bittereinde om dit te stop en reg te stel. Aan Marli en die familie, baie sterkte , ‘n baie moeilike tyd asook al die hartseer oopkrap en vele meer lê vir julle voor.

Karma ·

Wa…at???? Frikkie??? Jy kry die moordenaar van drie onskuldige mense jammer – hetsy of dit nou Henri is of nie? Ons weet nie of dit Henri is nie en weer eens daardie teorie van nie-skuldig-totdat-skuld-bewys is. Maar ja, jou teorie is dalk nie so vergesog nie. Een oomblik van woede/waansin/beneweldheid en jy sit met ‘n Don Steenkamp/Oscar Pistorius en nou dalk ook Henri van Breda – en vir die res van jou natuurlike lewe is dit daarmee heen!

Alwyna Holtzhausen ·

Nee wat, hy moet vir die res van sy lewe toegesluit word. Hy was jaloers en het dit baie goed beplan…so goed dat daar nie eens bewyse was nie en sy gewete hom op die ou end gery het. Kry vir jou boetie!!!

Ina ·

Ag please…. Wat verdien hy? Al die miljoene wat hy gedink het hom nou “toekom”? Hy verdien niks minder as die doodstraf nie – dis n jammerte dis nie wat hy gaan kry nie!

Jen ·

Klink soos die Griekwastad moord. Gaan daar ook n boek geskryf word?

Oni ·

Mense verstaan tog, jou denke kan jy dink of doen wat jy wil maar geen media dink ek sal sy nek uitsteek om n naam te noem voor daar nog niks gebeur het nie, al is iemand saam n verteenwoordiger polisiestasie toe.

Mielie ·

Nog n hartseer storie……. Hoe moet die arme suster nie nou voel nie. Dis verregaande. Voel vir my asof mense dink geweld en moord is die antwoord. Die Amerikaners is in rou, Suid Afrikaners moet daagliks verneem van geweldadige moorde. Jare terug was moord nie die orde van die dag nie. Wat makeer ons samelewing? Jy kan nie net moor om jou sin tre kry nie.

Rupert Ashford ·

Ons samelewing het sy rug op God gedraai. So maklik soos dit. Wat ons nou sien is die resultaat daarvan.

chris ·

Frikkie, jammer maar ek stem nie saam met jou nie, hoe kan jy hom jammer kry ?? Wat as dit jou ouers was ?? Vra maar net ? Ek wil nie oordeel nie maar as hy skuldig is moet hy boet vir sy onbesonne daad !!

Anoniem ·

En alles het oor geld gegaan….as almal dood is, is hy die enigste erfgenaam. Wys net weer waartoe geld mense kan dryf. Was die geld vir hom meer werd as sy familie? Mens se gewete haal jou een of ander tyd in….vat net tyd!

Magda ·

Ek het van die begin af gese dis H ….y.
Hoe kon hy so lank met sy gewete saam lewe

Rocky Bell ·

Inderdaad klein Henri. Was hy nie ook deurnmekaar met verdowingsmiddels en, terwyl hulle in Australië gebly, in rehabilitasie. Wow…….wat ‘n tragedie.

pietter ·

Ek het nou net op News 24 gelees dat Henry en sy regsverteenwoordiger by die Stellenbosch Polisie aangemeld het en dat hy versoek was om dit te doen.

Gideon ·

Maroela hoe is julle so stadig? News24 sê wie is persoon!!

Kapenaar ·

Frikkie,

‘n Oomblik van waansin laat jou nie dae voor die tyd ‘n byl gaan koop nie, hierdie was beplan, hy was net te slap om homself te erg te beseer, was seker seer gewees.
Sulke mense moet nie eens tronk toe gaan nie, hulle moetr uit die samelewing verwyder word…. permanent.. anders sorg ons ook nog vir hulle!!

Ben Prinsloo ·

Ongeag wie vervolg gaan word, kry vir Gerrie Nel as aanklaer.

Oh no ·

O nee nie daai onbeskofte ding nie, kry vir Cloete van Griekwastad moordsaak, hy was deurentyd ‘n gentlemen en het daai hof beheer en daai jong man goed vasgevat in totale beskaafdheid. Hy was uitstekend, elke stukkie van die legkaart mee gedeel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

cobusp ·

Die saak gaan nog n paar draaie maak, sy suster kon niks onthou nie en sou die hoof getuie gewees het in die saak……….Sou haar broer nou homself oorgegee het en in n verklaring se dat sy suster bewus was van sy dade dan word sy onmiddelik n “co accused” en kan sy aan gekale word………..Dalk het die broer besef of agter gekom sy suster het haar geheue herwin en onthou dit was hy, en hu toe besluit het hy moet hom oorgee………….wie weet, hou die spasie dop…

Willie ·

Dis hoekom Maroela baie beter as Beeld is. Hou so aan Maroela julle het integriteit.

Sus ·

Frikkie!! Askies?? …..oomblik van waansin….. Hoe kap jy DRIE mense met ‘n byl dood en beseer ‘n 4de in ‘n OOMBLIK van waansin??? Ek sal dink dit moes nader aan ‘n halfuur geduur het. Hoop die polisie het genoeg bewyse bymekaar gemaak om die skuldige diep weg te bere!

Karoo meisie ·

Het so gedink dis Henry,gaan almal hom ook nou jammer kry en het hy ook depressie???? Dit was n baie wreede moord die! Moord is moord en jy moet gestraf word,die Here se jy mag nie moor nie! Dis ook in God se oe verkeerd,so hou op om hul jammer te kry.Dis nie reg en kla!!!!!

Anoniem ·

Waarheid maak jou vry…..en dis hoekom sekere mense (insident Valentynsdag) nooit vry sal wees nie! Henri – hoop jy kry regverdige verhoor wat jou toekom.

Cornelia Steyn ·

Hierdie saak volg ek van die begin af. As julle mooi onthou…. Daar was klagtes dat H sy suster seksueel gemolesteer het? Ek dink persoonlik sy het dit vir haar ouers vertel en toe haak boeta se kop uit! Maak liewer almal so wreed dood, sodat niemand verder weet nie, en toe lewe sy. Ek wil nie oordeel nie, maar dink dis die hoofrede gewees vir hierdie wrede moorde. Geregtigheid sal geskied. Sterkte aan almal wat indirek betrokke is.

Chantelle ·

Cornelia, ken jy die familie persoonlik dat jy met sulke stellings van te vore kan kom…? Hoekom wag jy nie eerder vir die feite as om fantasie stories op te maak nie.

Marcia ·

Janee nou kom die wag en sien.. maar ek dink almal het reeds lankal vermoed wie die skuldige is… tog.. dit bly hartseer.

Sarel Strydom ·

Eerstens dank aan Maroela Media wat in die tyd nog steeds etiese beriggewing en reels nakom terwyl ander Media sensasie en verkoopstfers najaag.
Nog ‘n Griekwastad geval?

Johann Barnard -Pta ·

Corneila Steyn jy het nou die kat aan die stert beet . Jy sè mos jy volg die storie van begin af. Maar jy het dit verwar met die Griekwa seun wat sý suster gemolesteer het!!

Janine ·

Snert. Geen hofdokumente het bevestig dat daai kind aan sy suster gevat het nie. Inteendeel: daar was GEEN bewyse om die beweringe te staaf nie.

Jacky ·

Wonder hoekom op aarde hy homself oorgegee het, hy was goed oppad om heeltemal weg te kom daarmee. Behalwe… as hy uitgevind het hys op die punt om gearresteer te word, en hy hoop oorgee sal hom versagting gee…?

Jacky ·

Edit : hy is deur die polisie gevra om homself aan te meld by die polisie stasie

Sarel Strydom ·

Wie ook al berigte plaas en kommentaar lewer, vertrou Marli sal beskerm word teen die Media en Publiek.

Sarel strydom ·

Maroela Media — dankie vir die integriteit waarmee julle nuusberigte deurstuur. Daarom Gideon is hulle stadiger as die ander wat senasie en verkoopsyfers najaag.
Nog ‘n Griekwastad geval ??

Koos Karoo ·

Snaaks genoeg is hy volledig geidentifiseer, met naam en foto, op KykNet se nuusdiens Maandagaand om 19:00. Selfs gewys waar hulle by die Stellenbosch polisiekantoor instap.

Janine ·

Ek skaam my vir sommige seniele mense op hierdie forums. Watse genot kry julle om jul so te sit en verlekker in ander se lewens wat uitmekaar val? Laat dit jul beter voel oor jul eie patetiese lewens of wat? Hou jul snoete by jul EIE dinge, en neem in ag dat selfs ‘n ‘skuldige’ persoon, ‘n familie het wat stukkend is. Klomp aasvoëls wat sit en pik aan ander se beendere.

Elizabeth ·

…by the Grace of God there I go…
Oppas more pruik jy dalk op Rapport se voorblad of word jy hier op Maroela
se kommentaarblad uitmekaar gepluk.

Alwyna Holtzhausen ·

Ons almal het van die begin af geweet wie die moordenaar is. Skokkend dat die polisie geen konkrete bewyse kon kry om hom in hegtenis te neem nie.

Ina ·

Janine, ons moet ons snoete hier uithou maar waar is jou snoet huidiglik? Hierdie seun moet kry wat hom toekom. Jy neem nie 3 amper 4 lewens en verdien simpatie nie!

Anti4mure ·

Ek verneem dat “erfgename wat hul hele gesin uitwis” steeds erf. Is dit waar?

Tanja ·

Erfgename wat die rede is tot die dood/moord van die oorledene/s, is verbied om te erf. So hy gaan absoluut niks uit sy ouers se boedel kry as hy skuldig bevind is nie.

Chrissie ·

As ek reg verstaan het Polisie hom nie arresteer nie, maar hy het homself oorgegee….

Eliza-beth ·

Janine en Elizabeth ek stem volkome saam. Die mense is soos wildehonde en jy kan die bloedlus ampers ruik. Hoe mense so kan aangaan oor ‘n hartseer storie verstaan ek glad nie en sal nooit. En dan kom hul altyd met die verskoning “hy is ‘n moordenaar” en verdien nie simpatie ens. En sit seker Sondae selfvoldaan en sslefgeregtig in die kerk en skud saam kop oor menseliefde, vergiffenis en al daardie goed. Wens Maroela wil NOOIT kommetnaar op die tipe berigte toelaat nie. Mens word naar as mens dink dis nou verondderstel om opgevoede mense te wees.

CHARMAINE WALL ·

BEHALWE DAT HY DIE VERKEURDE KEUSES GEMAAK HET,IS DAAR NIE DALK IETS FOUT MET HOM,IN EEN VAN KOERANTE HET HULLE GESE DAT HY EK DINK OORSEE WAS VIR SIELKUNDIGE HULP,SY OUERS MOES DAN GEDINK HET IETS IS FOUT,MISKIEN IS HY NET NIE BETYDS GEHELP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.