Verdagte vas ses jaar ná boer se moord

(Foto: pixabay)

ʼn 36-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op ʼn boer in 2014.

Volgens ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, is die verdagte verlede week in ʼn informele nedersetting in Sharpeville vasgetrek nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming in Mei verlede jaar uitgereik is vir ʼn onverwante misdaad.

Die Valke het reeds in 2017 dié verdagte in Sharpeville in hegtenis geneem vir die besit van ʼn vuurwapen wat aan De Kock behoort het.

Die klag is later in die landdroshof in Vereeniging teruggetrek, hangende verdere ondersoek.

Maroela Media het in 2014 berig dat Jan de Kock (69) op sy plaas Groot Waag, buite Petrus Steyn, vermoor is, terwyl sy vrou in die badkamer toegesluit was.

ʼn Groep verdagtes het die oggend omstreeks 08:00 sy huis binnegekom, sy vrou toegesluit en die huis beroof.

De Kock se liggaam is in ʼn stoor langs sy vierwielmotorfiets gevind.

Die verdagtes het weggekom met sy Ford Ranger-bakkie, talle vuurwapens en kontant.

Die verdagte sal Woensdag in die Petrus Steyn-landdroshof in die Vrystaat verskyn vir ʼn formele borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Hoekom wat alles in die hofe soe LANK in SA? Is dit nie tyd dat hofe se 16 uur ‘n dag werk om die agterstand van 26 jaar se hoopelose ANC regering se misdaad uit te wis nie. Tyd dat daar in al die provincies van SA ‘n “Night Court” tot stand gebring is. Dit sal ook werk skep….en daar Cyril het ek nou vir jou ‘n werkskeppings geleentheid gegee…you are welcome!

Maggies ·

Volgens hierdie berig… *Die Valke het reeds in 2017 dié verdagte in Sharpeville in hegtenis geneem vir die besit van ʼn vuurwapen wat aan De Kock behoort het.*
Hoe gebeur dit dat iemand in 2017 in die besit van ‘n vermoorde man se vuurwapen, in hegtenis geneem is en dan vrygelaat word?
Dit is mos tekens wat die onbekwaamheid van ons regs stelsel beklemtoon.
Hoe verwag hierdie regering dat ons hulle ooit kan vertrou. Ons word male sonder tal in die steek gelaat.

Boervrou ·

Tom Gouws, die bekende en befaamde skrywer en digter is op 25 Julie 2018 in sy huis vermoor. Tot vandag is nog niemand vir sy moord aangekeer nie.

Derek ·

Misdaad het SA op sy kniee, dit is verblydend om te sien dat die oorgrote nuus berigte dit eens is, dat die ANC se taak afgehandel is en sodoende oorbodig is. Vir jare is leuens as beloftes voorgehou, gelukkig haal dit hulle nou in. Niemand is so blind soos een wat nie kan sien nie of so doof soos een wat nie kan of wil hoor nie. Dit opsig self het ook n einde, ons sien uit na die nuwe begin!

LiveAndLetLive ·

Hoe op dees aarde pleeg jy moord in 2014 en loop rond in ons strate?
Ek sal baie graag navorsing wil doen oor elke liewe plaas moord en waar die moordenaars vandag is.

SomeOne ·

lewens lange vonnisse pla die moordenaars van hede glad nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.