Verdagte vas vir aanval op Dendron-plaas

Voetspore op die toneel gevind. (Foto: Verskaf)

’n Verdagte is Woensdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die aanval op die sewentigjarige Basie Nelson op sy plaas buite Dendron in Limpopo.

Nelson is op 8 Mei in sy huis oorrompel waarna ʼn struweling klaarblyklik tussen Nelson en vier aanvallers ontstaan het. Nelson is tydens die voorval met ʼn skerp voorwerp in die kop gesteek.

Maroela Media het vroeër berig die aanvallers het met ʼn verskeidenheid items op die vlug geslaan. Nelson is ernstig beseer en is met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal geneem.

Volgens die Heritage Protection Group is een van die verdagtes vanoggend in samewerking met die plaaslike polisie by die Tshikota-nedersetting in Makhado in hegtenis geneem. Nelson se selfoon is in die verdagte se besit gevind.

Die groep het in ’n verklaring op Facebook gesê die verdagte se drie makkers is reeds ’n week ná die aanval ook in Makhado in hegtenis geneem op aanklagte van roof, aanranding met die opset om ernstig te beseer asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Al drie is Zimbabwiese burgers.

Maroela Media wag op kommentaar van die betrokke polisiewoordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Antoinette ·

Daar is baie probleme by die SAPD maar daar is beslis ook toegewyde mense, en ek loof hulle vandag. Die laaste tyd is heelwat plaasaanvallers en ander gearresteer en gevonnis en dit se regtig baie. ‘n Niggie van my (en haar man) is al jare in die Polisiediens en sy se Cele probeer regtig sy bes, maar dis ook maar die toewyding en ondersteuning van ander wat so dikwels ontbreek. Hy kan op sy eie tog nie misdaad keer of beheer nie. Ek dink die Polisiekolleges moet weer begin funksioneer sodat behoorlike opleiding weer kan plaasvind. en elke kandidaat ook psigometries laat evalueer voor toelating tot die Kollege.

Tielman ·

Antoinette. Ek is in Namibia. Is al die SAP kolleges toe?

Grassie ·

Ek het groot waardering vir die goeie werk wat die betrokkenes gedoen het om die verdagte op te spoor. Dit is lekker om so af en toe ‘n brokkie goeie nuus ook te lees.

Lana ·

Indien die staatsaanklaer sy/haar werk reg doen – sal dit beslis verander word na “poging tot moorde”.

Anoniem ·

En so word ons grense oop gestel deur die useless regering om ons mense te moor.

Lita ·

Hoekom dink julle het Robert so baie besoeke v sekeres van ons Land ontvang?

GP ·

Groot persentasie van ons probleme is uitlanders en mense wie vir onwettige uitlanders wek gee. Laas genoemdes is net so skuldig aan kriminele aktiwiteite.

Wa ·

Is dit dieselfde man wat vasgetrek is vir die Nortje’s se aanval want hy is ook in die Thsikota nedersetting gevang? Klink vir my dis ‘n vrot kol!!

Lou ·

Ek glo ook daar is nog bekwame mense by die SAPD (in die minderheid) maar hierdie suksesvolle inhegtenisnemings was deur HPG gedoen as ek reg verstaan. Hulle is n privaat sekuriteits maatskappy wat baie goeie werk doen in Limpopo.

Truida Pretorius ·

Buitelanders is verantwoordelik vir baie van die onbrake. Daar is nie werk en kos in hulle lande nie, nou kom hulle hierheen. Ons benodig dringend grensbeheer.

aj ·

Wat het veroorsaak dat Basie Nelson geteiken is vir die plaas aanval?

Die antwoord bevat kritieke inligting wat kan bydra dat toekomstige plaasaanvalle VOORKOM kan word.

Rene ·

Groot dank aan die lede van HPG en die plaaslike Polisie met die inhegtesname van verdagtes
So ver my kennis strekis hulle ń nie winsgewende organisaie en maak slegs staat op donateurs vir die stryd teen misdaad

Zel ·

Die HPG -lede werk vrywillig en betaal hulle eie brandstof meeste van die tyd. Hierdie betrokke aand het hulle 100de km’s ver gery en hulle hele aand opgeoffer..soos baie ander aande. My man is betrokke hier en geen mens besef die opofferings wat gemaak word nie. Dankie manne, ons vroue bid vir julle terwyl julle daar buite is en ‘n verskil maak (en ons slaap self nie veel nie en die kinders mis hulle pappa, maar ons staan vierkantig agter julle).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.