Verdagte vas vir moord op Cradock-vrou

(Foto: Facebook)

ʼn Verdagte is oor die naweek in hegtenis geneem vir die moord op Patricia Orpen (78) van Cradock in die Oos-Kaap. Orpen se liggaam is in Mei vanjaar in haar huis buite die dorp gevind.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het Sondag in ʼn verklaring gesê ʼn 42-jarige verdagte is Saterdag in die vroeë oggendure in Cradock in hegtenis geneem in verband met die moord op Orpen.

Volgens Kinana was die verdagte vermoedelik die oorledene se tuinier voor haar dood.

Maroela Media het vroeër berig Orpen se dogter het haar liggaam op 5 Mei in haar slaapkamer op die plaas Morgenson buite die dorp gevind.

Dit is steeds nie duidelik hoe Orpen vermoor is nie.

Orpen se handsak en bakkie is egter gedurende die voorval gesteel. Dié voertuig is kort daarna verlate en gedeeltelik gebrand in die industriële gebied van Cradock aangetref.

Volgens Kinana sal die verdagte na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord en kwaadwillige skade aan eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

pokkel ·

in teorie is ek 100% gekant teen die doodstraf, maar ons het regtig die doodstraf nodig in hierdie ekstra gewelddadige land, miskien laat dit hierdie mense wat so maklik aanrand, moor en verkrag 2 keer dink; so kan dit nie aangaan nie

Adri ·

Met ons huidie regstelsel wat 100% onderdanig is aan ‘n politieke ideologie, sal geen plaasmoordenaar die doodstraf ontvang nie; eerder die plaasboer wat homself verdedig.

Pieter J ·

Ai, elke keer die tuinier. Ek wonder hoeveel vrouens is al die afgelope paar jaar deur hul tuiniers vermoor. My hare staan almal orent as ek hoor ń dame praat van hul tuiniers. Ek weet nie wat kan gedoen word om hierdie euwel te stop nie.

Johannes Andries ·

Kan ons nie maar vra dat die regering werk skep en “Bounty hunters” gewettig word nie om die moordenaars te jag nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.