Verdagte vas vir moord op DUT-student

Sandile Ndlovu (Foto: Verskaf)

’n Verdagte sal Donderdag in die Durbanse landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op ’n student aan die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT) verlede maand.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring ’n 29-jarige man is Maandag in Pinetown in hegtenis geneem in verband met die moord op die 18-jarige Sandile Ndlovu.

Maroela Media het vroeër berig Ndlovu is op 9 September vanjaar met breinbeserings in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy in ʼn lesingsaal op die Steve Biko-kampus in Durban met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy skedel gedurende die aanval gekraak is.

Ndlovu is ná die voorval aan lewensondersteunende masjiene geplaas, maar egter later oorlede.

DUT se veiligheidshoof is kort ná die voorval geskors.

Volgens Naicker is Ndlovu se selfoon en skootrekenaar gedurende die voorval gesteel. Polisielede het gedurende die verdagte se inhegtenisneming vandeesweek op dié selfoon en ook ’n mes beslag gelê. Die mes is na bewering dié waarmee Ndlovu gedurende die aanval gesteek is.

Volgens Alan Khan, senior direkteur van korporatiewe aangeleenthede by DUT, het die universiteit ’n span private speurders ná die voorval aangestel om die polisie in hul ondersoek by te staan. Dié span het ’n deurbraak gemaak wat tot die inhegtenisneming gelei het, sê Khan.

“Ons hoop geregtigheid sal vir Sandile en sy gesin geskied.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Muffin ·

Bring die doodsstraf terug. Om n persoon te vermoor vir n selfoon en skootrekenaar is onaanvaarbaar.

Cherokee ·

As hierdie rympie ‘n doel sou dien, sou die aanhoudende herhaling nie so sinneloos wees. Aangesien dit doelloos is, want hierdie forum kan nie daartoe bydra nie, is dit slegs doellose papegaai-taal.

Michelle ·

Nou het julle tot geharde misdadigers op kampus net nou die dag het ons gelees van een wat ‘n ander een uitgebrand het dit is omdat hul dwelms en drank vrylik gebruik en die ouers nie betrokke is nie. Waarvoor is daar dan sekuriteit as jy dood gesteek of aangeval word op kampus meer en meer sulke voorvalle is al aangemeld.

Johan ·

Cherokee, mooi gestel. Dis altyd die eerste afgesaagde rympie by elke moord….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.