Verdagte vas vir moord op Grootbrakrivier-egpaar

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die gru-moord op Tewie en Eurika Human in Grootbrakrivier verlede maand.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die 26-jarige verdagte is by sy huis in Wolwedans in hegtenis geneem. Hy verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op aanklag van moord.

Pojie het gesê die polisie is op soek na nog ʼn verdagte in verband met die moord. Die Human-egpaar se liggame is op 15 Junie in hul huis gevind.

Tewie was in sy vroeë 70’s en Eurika in haar laat 60’s. Hulle sou die Sondag nadat hul liggame ontdek is hul huweliksherdenking gevier het en dit was ook Eurika se verjaardag.

Carlo Vos, die Human-egpaar se skoonseun, het vroeër vanuit Florida in die VSA aan Maroela Media gesê sy skoonpa se liggaam is in die motorhuis aangetref en sy skoonma se liggaam in die egpaar se bed. Die vermoede bestaan dat die egpaar vroegoggend oorval is aangesien Eurika nog haar slaapklere aangehad het. Daar is ook ʼn sterk moontlikheid dat iemand wat sy skoonouers geken het by hul moord betrokke was, omdat daar geen tekens van gedwonge toegang tot die huis was nie. Verskeie items is glo uit die huis gesteel.

“Dit lyk asof my pa met ʼn stomp voorwerp oor sy kop geslaan is, terwyl my ma steekwonde aan haar lyf gehad het. Daar is geen skietwonde nie, so ons glo nie daar was ʼn vuurwapen betrokke nie,” het Vos gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

johan ·

daar moet aan hulle dieselfde gedoen word voor die mense dalk sal dit stop

Theuns ·

Dankie Maroela dat jule ons op hoogte hou! Ek wi julle egter vra om ook die Ras van die Aanvalers bekend te maak (WIT ,BRUIN, SWART). Ek dink dit is belangrik in terme van statistiek en ook in terme van wie die moorde pleeg. Ook sal ons graag wil weet of dit Suid Afrikaners is of Buitelanders. Agterna moet die polisie ook vir ons se wat die aanvalers met ondervraging aangevoer het hoekom hulle die moorde gepleeg het! Dit sal mos nie rassisties wees om die inligting te kry nie maar sal help om die misdade te beveg!!

Hasie ·

Het die anc nou ‘n stem verloor of sal hulle dit so bewimpel dat hy nog vir hulle sal kan stem. Kon die verdagte nou ooit dink hy gaan nie gevang word nie.

l ·

Wonder of die vieslike mens nou gaan borg kry? Wat gaan hy aanvoer in die hof as sy verweer. 2 lewenslange tronkstraf behoort die ding te doen.

So onnodig en so sad ·

Dit is vir my dubbeld so sad en onnodig. Dat hierdie goedige mense so moes sterf is baie hartseer. Wat nog hartseerder is dit pla nie ons land se mense, kyk ons weet lankal dit pla nie die regering nie, dit pla nie die mense regte kommissie nie, nou pla dit ook nie die ANC vroue liga nie, ook nie die mense op die forum nie. Julle sal kef kef oor Oscar en selfs gaan toi toi, maar hierdie mense is nie net doodgemaak nie, hulle is gemartel, terwyl hierdie man vermoor is, moes hierdie vrou in die kamer so bevrees gewees het, terwyl hulle haar herhaaldeliks teek met ‘n mes, dit is nie eens vergelykbaar. Dood is dood en geen dood is reg, maar dit is net vir my soveel moeiliker om te verstaan as mens iemand dood martel. Ons moet opstaan en baklei daarteen, dit is nie reg teenoor Tewie en Eurika nie!!!!!!!! Reel iets daarin Grootbrak rivier, maak t-hemde en gaan toi toi by die hof.

Word hard ·

Ons moet onsself verhard, ons mag nie meer maklike teikens wees nie. Hulle moet weet dat hulle nie gaan regkom by ons nie, hulle gaan net baie seerkry.

l ·

Dit sal ‘n wonderlike dag wees as die DA aan bewind kan kom en onmiddellik die doodstraf her-instel. Dit sal ongelukkig 90% van hul eie mense wees maar eers dan sal mens rus en vrede in hierdie land hê. Die mense het mal geword en maak ou mense dood vir niks. Ek verstaan dat die regering nie by elke huis of plot ‘n SAPD lid kan plaas om ons te beskerm nie, maar Polisie sigbaarheid dag en nag sal tog ‘n verskil maak. Daar is genoeg geld om voertuie te koop en meer beamptes aan te stel. Ek was self al ‘n paar keer in die Mosselbaai omgewing en het opgemerk dat die SAPD nogal sigbaar is, maar in hierdie geval is dit ‘n tragiese en onnodige daad wat gepleeg is. Ek voel bitter jammer vir die kinders wat hul ouers op so’n wrede en barbaarse wyse verloor het. Siekte is onvermydelik en in ‘n mate verwag mens dat ou mense gaan sterf, maar nie so nie.

Cherokee ·

Jy raak onverstaanbare dinge kwyt. Die swarte DA (as hulle sou bewind oorneem) die doodstraf herinstel! Wat op aarde laat jou dit sê? Daar is weinig verskil tussen die DA en die ANC.

Petru Pietersen ·

Baie dankie vir die opvolg berig. Mag die ander verdagtes gou gevang word. Hierdie is ‘n geliefde en dierbare paartjie. Baie dankie aan almal hier wat geantwoord het op die berig. Ek weet die familie en vriende waardeer dit baie.

Ruby ·

Ek wil graag aan die Humans se bure my dank betuig dat julle die 2 honed-kinders by julle ingeneem het.

Ek het na die foto gekyk waar die groter een ‘n slapie op julle bed vat, baie baie dankie dat julle julle harte oopgemaak het.

As hulle net kon vertel wat hulle ogies gesien het……dis so vrek hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.