Verdagte vas wat glo werker aanrand, plaashuis plunder

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn 27-jarige verdagte is Vrydag in Boitekong in Noordwes vasgetrek in verband met ʼn huisroof wat op ʼn plaas naby Koster plaasgevind het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is vasgetrek op aanklagte van huisroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

“Dít kom ná ʼn voorval waarin ʼn 66-jarige plaaswerker aangerand en daar ʼn vuurwapen op hom gerig is. Hy is na bewering gedwing om die plaas se hoofhuis vir die verdagte oop te maak,” het Moleko gesê.

Volgens Moleko is daar verskeie huishoudelike items, soos ʼn yskas en vleis, asook ʼn haelgeweer en ammunisie tydens die voorval gesteel.

“Volgens inligting wat in die stadium bekend is, het die verdagte die gesteelde goedere in ʼn waentjie gelaai en van die toneel gevlug in die boer se Toyota Land Cruiser,” het Moleko gesê.

Die polisie het later die voertuig ʼn paar kilometer buite Rustenburg op die N4 gewaar. “Die polisie kon daarin slaag om die voertuig tot stilstand te dwing en die verdagte te arresteer.”

Hy sal op 2 Januarie in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Hy was so honger dat hy sommer die yskas saam geneem het vir toekomstige buit.

Cherokee ·

Dit was snaaks in die begin maar poog ‘n nuwe grappie asseblief. Wanneer dit oud is, is dit oud.

PJC ·

Ek wonder hoe kon hierdie ou so maklik by die vuurwapen met ammunisie en die voertuig se sleutel uitkom as die eienaar daarvan nie by die huis was nie.

Kobus ·

Cherokee…dalk het hy net sy yskas wat die Groot Staatsman aan almal in 1994 belowe het..wat vir hom stem…gaan haal…die vleis was die rente op sy belegging…Cherokee jy het soms n baie vry se…onthou almal het nou die briljante IK van jou…ons ordinere aardlinge kan nou by jou kers vashou…maar ons lag nog altyd vir ordinere grappies…hoe oud ookal…lag baie goeie medisyne…as jy nou sal verstaan wat ek jou probeer se…beter lag as om mense af te kraak…

Johann ·

Stem saam met jou oor Cherokee. Seker niks beter om te doen as om altyd ander mense te krituseer nie. Ek wens Maroela media wil die persoon permanent blok vir kommentaar!

Die Skim ·

Kluis = Wapens, aminusie + spaarsleutels…..
Of hy het die regte klip omgekeer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.