Verdagte verdrink toe hy vlug

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende huisrower is Donderdag in KwaZulu-Natal dood terwyl hy vir die polisie gevlug het.

“Die liggaam van ʼn 25-jarige man is vandag [Donderdag] deur die soek- en reddingspan van Port Shepstone en Kokstad uit die Mzintlava-rivier gehaal,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Span speurders was op soek na die man wat ʼn verdagte is in twee voorvalle van huisbraak en diefstal wat verlede maand in Mount Ayliff plaasgevind het.”

Volgens Naicker is die polisie na Mphela Zone 5 in Kokstad waar hulle die verdagte aangetref het. “Toe hulle hom nader, het hy gevlug en in die rivier gespring. Hy het verdrink.”

Die soek- en reddingspan is ontbied en hulle het die liggaam uitgehaal en na die staatslykshuis geneem. “ʼn Geregtelike ondersoek word deur Kokstad-polisie gedoen.”

“Ek is teleurgesteld dat die verdagte sy eie lewe geneem het eerder as om die gevolge van sy dade te aanvaar,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liza ·

Die selfde het 2 weke gelede in Harties gebeur, die verdagte is uit die water gehaal met n panga aan sy lyf vasgebind. Ook in die water gespring toe Sekuriteit en SAPS op hulle afgekom het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.