Verdagte vermoor man glo tydens rusie

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Willowvale in die Oos-Kaap het ʼn 26-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 23-jarige man. Dié man is Vrydag in ʼn kroeg op dié dorp dood.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo omstreeks 20:30 by die Tywaka-nedersetting in Willowvale plaasgevind.

Volgens Manatha het ʼn rusie tussen die twee mans onstaan, waarna die 26-jarige man ʼn mes uitgepluk en die ander man doodgesteek het.

“Die oorledene, wie se naam nie in dié stadium bekendgemaak mag word nie, is in sy bolyf gesteek en is op slag dood,” sê hy.

Die 26-jarige verdagte is volgens Manatha ure later deur die polisie vasgetrek. Hy word aangekla van moord en sal Maandag in die Willowvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.