Verdagte voertuig lei tot skokvonds in begraafplaas

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 60-jarige man is Dinsdagoggend in die Zandfontein-begraafplaas in die weste van Pretoria gevind.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 10:00 na die begraafplaas ontbied, nadat lede van die publiek ʼn wit Nissan X-trail-voertuig gesien het wat vir ʼn lang tyd daar gestaan het.

“Met hul aankoms op die toneel het polisiebeamptes ʼn man gevind met ʼn skietwond in sy kop. Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is, is langs die man gevind. Die motief vir die dood is sover onbekend,” het Moloto gesê.

Sy het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam kan nog nie bekendgemaak word voordat al sy familielede ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nissan werker

My hart is seer vannaand…dit was ‘n mede kollega wat, nou dat ons almal daaran dink, uitgeroep het vir hulp! Die man het alreeds deur moeilike omstandighede gegaan het by die huis en toe nog moeiliker omstandighede by die werk nou deur moes maak met headcount cuts…dit was moontlik die laaste harde stoot oor die afgrond …wie gee enigsins om in die besigheidswêreld!? Almal is net ‘n nommer…rus in vrede my vriend en kollega ?

Arsène Lupin

Vir interesantheids onthalwe sal ek baie graag wil weet hoe lank daai voertuig daar gestaan het voordat die personeel ondersoek gaan instel het – Zandfonteinbegrafplaas wat altyd ‘n lus vir die oog was, is nou vieslik vuil, met geen instandhouding wat gedoen word nie.

tina vans

Ag is vreeslik hartseer, wat n pragtige aangename professionele hulpvaardige mens was hy nie, so aangenaam, so n mooi hart, Ons gaan jou so mis, ons mis jou al klaar, ons almal hier by NISSAN is so hartseer.

Arizona

Dis is so hartseer. Rus in Vrede Meneer. Die lewe is regtig nie regverdig nie. Ek moet daagliks kyk hoe my man wat n eerbare man is probeer om n lewe te maak met sy maintenance werk nadat sy broer soos n skelm alles van hom gevat het. Die broer met sy skelmgeit word net ryker en my man sukkel elke dag om kop bo water te hou. Ek het n week terug gehoor hoe hy vir een sy vriende gesê het hy is moeg om so te sukkel en dalk moet hy net n einde aan alles maak en… Lees meer »

sarie van heerden

My pa is in Zandfonteinbegraafplaas begrawe maar ons gaan al jare nie meer daarheen. Die laaste keer was toe 2 motors daar gekaap en 2 dames aangerand is. Dis nie eens vir my hartseer nie. Dis ‘n realiteit van ons land wat ek eenvoudig moes aanvaar en verwerk.