Verdagte voertuig lei tot skokvonds in begraafplaas

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 60-jarige man is Dinsdagoggend in die Zandfontein-begraafplaas in die weste van Pretoria gevind.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 10:00 na die begraafplaas ontbied, nadat lede van die publiek ʼn wit Nissan X-trail-voertuig gesien het wat vir ʼn lang tyd daar gestaan het.

“Met hul aankoms op die toneel het polisiebeamptes ʼn man gevind met ʼn skietwond in sy kop. Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is, is langs die man gevind. Die motief vir die dood is sover onbekend,” het Moloto gesê.

Sy het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam kan nog nie bekendgemaak word voordat al sy familielede ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nissan werker ·

My hart is seer vannaand…dit was ‘n mede kollega wat, nou dat ons almal daaran dink, uitgeroep het vir hulp! Die man het alreeds deur moeilike omstandighede gegaan het by die huis en toe nog moeiliker omstandighede by die werk nou deur moes maak met headcount cuts…dit was moontlik die laaste harde stoot oor die afgrond …wie gee enigsins om in die besigheidswêreld!? Almal is net ‘n nommer…rus in vrede my vriend en kollega ?

jammer om te hoor ·

Ja dit is vreeslik, mense word links in regs afgedank , ek besef dis soms met goeie rede maar 9 uit 10 is onregverdig en dan is die bestuur se houding “business is business”…meskien is dit vir die een wat die afdanking doen, net “besigheid”,hy gee dakj nie om wie dit is wat op die onderste range in sy maatskappy werk nie. maar vir die been wat afgedank word, is dit beslis nie net “business” nie,dit was die enigste manner om aan die lewe te bly. Elke saak her twee kante,ek weet,maar some voel dit net vir my as of te veel mense sommer net,sonder gewete oor ander loop (dikwels vir oppervkakkige redes/vir sosiale goedkeuring ens) en dat huk dit dan boonop regverdig. dink mooi hoe jou aksies ander beïnvloed. innige meegevoel aan hierdie mens se geliefdes.

Arsène Lupin ·

Vir interesantheids onthalwe sal ek baie graag wil weet hoe lank daai voertuig daar gestaan het voordat die personeel ondersoek gaan instel het – Zandfonteinbegrafplaas wat altyd ‘n lus vir die oog was, is nou vieslik vuil, met geen instandhouding wat gedoen word nie.

Suemari ·

Innige simpatie aan al hierdie man se familie en vriende…
Arsène, wat jy sê is 100% reg. Ek was Saterdag daar by die begrafplaas, dit is regtig baie vuil daar. Bierbottels en sakkies ens. lê die hele begrafplaas vol. Dit lyk regtig sleg. Hopelik as die eerste reën kom sal al die grafte weer blink wees en die grassies darem weer groen, en dan lyk dit miskien nie so erg soos nou nie.

des ·

die voertuig het nie lank daar gestaan nie… van wat ons kon aflei het die persoon self die Hercules polisiestasie gebel en gewag tot hulle daar aankom voordat hy homself geskiet het… :-(

tina vans ·

Ag is vreeslik hartseer, wat n pragtige aangename professionele hulpvaardige mens was hy nie, so aangenaam, so n mooi hart, Ons gaan jou so mis, ons mis jou al klaar, ons almal hier by NISSAN is so hartseer.

Arizona ·

Dis is so hartseer. Rus in Vrede Meneer. Die lewe is regtig nie regverdig nie. Ek moet daagliks kyk hoe my man wat n eerbare man is probeer om n lewe te maak met sy maintenance werk nadat sy broer soos n skelm alles van hom gevat het. Die broer met sy skelmgeit word net ryker en my man sukkel elke dag om kop bo water te hou. Ek het n week terug gehoor hoe hy vir een sy vriende gesê het hy is moeg om so te sukkel en dalk moet hy net n einde aan alles maak en hoe hy nie meer in my oë kan kyk met my wat die swaar las dra elke maand nie. Ek wou skreeu van ontstellenheid. Ek hoop hierdie man vind nou rus en vrede wat so baie van ons na smag.

KarooKlong ·

Arizona, hou jou oe oop en stel hom gerus. Kry berading/hulp. Sterkte.

sarie van heerden ·

My pa is in Zandfonteinbegraafplaas begrawe maar ons gaan al jare nie meer daarheen. Die laaste keer was toe 2 motors daar gekaap en 2 dames aangerand is. Dis nie eens vir my hartseer nie. Dis ‘n realiteit van ons land wat ek eenvoudig moes aanvaar en verwerk.

Karma ·

My eerste gedagte toe ek die berig lees was dat die man dalk selfdood gepleeg het langs die graf van iemand dierbaar wat onlangs oorlede is; m.a.w. dat dit “grief” was wat hom sover gedryf het. Maar toe lees ek dat hy onder druk tuis en by die werk was a.g.v. verekonomisering – inkorting van personeel; m.a.w. mense wat afgedank word of pakkette neem en die werk wat onder oorblywende personeel versprei word. Dit is die tye van vandag, mense, ekself doen die werk van 4 mense, vir die salaris van 1 mens, maar dit is maar so. Innige simpatie aan die naasbestaandes van die oom.

Nicolene Gericke ·

Hierdie was my boesemvriend van 39 jaar, hy was baie depresief vir jare. Maar hy het die sagste hart gehad, sy vrou is verskriklik siek, bid asb vir haar hy was absoluut haar steunpilaar. Die ergste is dat hy dit so presies beplan het en dit het in ons stasiewyk, gebeur….. ek huil oor my vriend….. my hart is leeg

LS ·

Dit is so HARTSEER!!!! Sterkte aan almal wat hom geken het en saam met hom gewerk het. So jammer om te hoor van sy vrou wat siek is, mag die Here saam met haar wees in hierdie moeilike tyd.
RUS IN VREDE !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.