Verdagte wat hom as polisie voordoen wéér vas

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Verdagte wat uit was op borgtog nadat hy hom as ʼn polisiebeampte voorgedoen het, is Woensdag aangekeer vir soortgelyke misdaad.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting aan lede die hoofwegpatrollie deurgegee oor ʼn verdagte wat in besit is van ʼn polisie-uniform en wat glo in Gauteng by vragmotorkapings betrokke is.

“ʼn Klopjag in Ivory Park in die Ekurhuleni-distrik is van stapel gestuur. Tydens die klopjag is polisie- en metropolisie-uniforms, drie AK47-gewere, twee R1-geweermagasyne, een pistoolmagasyn, meer as 100 koeëls en ʼn steursender gekonfiskeer,” bevestig Sello.

’n Verdagte wat in besit van ʼn steursender, polisie- en metropolisie-uniforms, en ongelisensieerde ammunisie was, is in hegtenis geneem.

“In die voorlopige ondersoek is ontdek dat die man tans uit is op borgtog. Hy is voorheen vasgetrek toe hy ʼn metropolisie-uniform gedra het toe hy ʼn koeriervragmotor in Mooinooi, Noordwes, probeer kaap het. Hy is in hegtenis geneem omdat hy hom as polisiebeampte voorgedoen het, vir poging tot vragmotorkaping, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.”

Die polisie in Gauteng is die afgelope paar weke op die spoor van bloulig-rowers en mense wat polisie-uniforms gebruik om rooftogte in die provinsie mee te pleeg.

Meer as 50 beskuldigdes is sedert Maart vanjaar in hegtenis geneem vir oortredings wat wissel van die voordoen van ’n polisiebeampte, die besit van polisie-uniforms en -toerusting, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook vir die kaping van voertuie en vragmotors.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, sê die polisie doen alles in sy vermoë om die aantal kapings in die provinsie te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Perdeby ·

Volgende week ek dink vandag al terug op straat en gaan maar net weer aan.

Anel ·

En hoeveel is al gevonnis? Het almal seker borg grkry en gaan maar net aan wasr hulle laas opgehou het. Kriminele het mos meer regte as gehoorsame burgers!!!

Herman ·

Begin die ondersoek by die poliesie. Waar kry hulle die uniforms?

AW ·

Die Polisie gee nie borg vir sulke misdaad, Dis die Hof wat Borg gee !!

Catherina ·

……..en ons word verplig om te stop as ons deur beamptes in uniform voorgekeur word??????

Cherokee ·

As die polisie hom voorkeer is hy gekeur om voorgekeer te word.

Harley Davidson ·

Pleks doen hy aansoek ek is seker die polisie sal hom keur.

Frank John ·

Miskien werk hy reeds daar maar dit kannie hardop gesê word nie.

Frank John ·

Wonder waar kry hy al die polisie toerusting? Hy is ‘n gewoonte misdadiger met dieselfde modus-operandie Waarom kry hy borgtog? Seker omdat hulle wil hê hy moet dit nog gaan doen. Georganiseerd sê ek.

marius ·

Maak hom ‘n regte polisieman . Hy het al die eienskappe .

Frank ·

Ondersoek die landros wat hom op borgtog vrygelaat het. Hierdie is ‘n ernstige misdaad.
Daar is GEEN waghond oor landroste en hulle dikwels belaglike toegewings nie.

Rein ·

Verhoog straf vir persone wat hul as wetstoepassers voordoen of hulle aanval. Ook aan wetstoepassers wat die wet oortree.

Hasie ·

Baie vrae gaan deur my kop ….waar kom die uniforms vandaan ,en die vuurwapens sowel as die amunisie ? Inside job ? Amal deel aan die profyt

Swerwer ·

Wat het gereg gedink? Dit is mos hoe die ANC sy kader oplei en leer.

Francois ·

Fire die landros wat hom op borgtog uitlaat of kla hom aan vir medepligtigheid tot rooftogte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.