Verdagte weer in hof vir Polokwane-ma se moord

Frans Maela. Foto: SAPD

Frans Maela. Foto: SAPD

Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat vroeër vandeesmaand wreed in haar huis in Polokwane in Limpopo vermoor is, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ao. Michael Ramotshaba, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die saak teen Frans Maela (25) is tot Dinsdag 28 Februarie uitgestel, wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. Talle betogers buite die hof het met plakkate omhoog gehou wat lui ‘an eye for an eye’, ‘no bail’ en ‘stop violence against women’.

Hy bly tot dan in aanhouding. Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê Maela het na bewering in Eduanpark, dieselfde buurt waar die Wiers-gesin woon, gewerk.

Wiers se seun, Rolf (16), het haar liggaam in een van haar kinders se slaapkamer gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en onder haar ken gehad, asook keerwonde aan haar hande. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christa ·

Dis reg!!! Maak ‘n GROOT boehaai voor die hof soos HULLE altyd maak!! Dalk sal daar ook meer na ons geluister word!!!

Aster ·

Genade, ek verstaan nie hoekom sake so vreeslik baie uitgestel word nie. Sal dinge ooit tot ‘n punt kom?

ada ·

En gaan hy borgtog kry of gaan hy in aanhouding bly sodat die polisie hom kan “beskerm” soos die bosvark episode. Waar is al die swart betogers nou?

lynni ·

Ons moet gaan betoog by hof. Dit help nie ons kla heeltyd oor swartes wat betoog. Ons moet ook met borde gaan staan waarop staan: Racist en No bail. Maar daar is so baie sake, my werk sal my nie so baie afgee. Sal seker later se ek moet werk by hof kry.

Antoinette ·

Kan n mens se wreed wees om die weerlose vrou so dood te maak dan nog boonop haar oe te verwyder.Net n BAARBAAR kan so iets doen hulle loop vol HAAT vir ons blankes.

Marlene ·

So lyk die gesig van iemand wat niks voel vir ‘n ander se lewe. Hy lyk soos ‘n gevoellose moordenaar.

MM ·

Hy lyk gewoon as jy dink hoe onmenslik hy opgetree het. Ook dat jy niks weet wat in ‘n ander se kop aangaan nie . Baie mense moor as die kans hom voordoen, sonder om die nagevolge in ag te neem. Wees altyd op jou hoede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.