Verdagte wil skuldig pleit ná moord op Pta-man

Kichebrand tydens sy verskyning in die Bronkhorstspruit-landdroshof.

ʼn Verdagte het Maandagoggend in die hof op Bronkhorstspruit verskyn in verband met die moord op Jaco Geldenhuys verlede maand.

Die 32-jarige Jaco, ʼn pakhuisbestuurder van Pretoria wat in sy vrye tyd ook motorherstelwerk gedoen het, het op 14 Julie spoorloos verdwyn nadat ʼn man hom gevra het om herstelwerk aan ʼn voertuig by ʼn perseel naby Cullinan te gaan doen.

Jaco ken ʼn vriendin van dié man. Hy het na die kwansuise herstelwerk nooit weer huis toe gekom nie en het die volgende dag ook nie by die werk opgedaag nie.

Sy familie het ʼn soektog na hom van stapel gestuur en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

Jaco Geldenhuys se liggaam is verlede maand gevind nadat hy spoorloos verdwyn het.

Geldenhuys se motor is die Donderdag ná sy verdwyning stowwerig en verlate by ʼn winkelsentrum in Pretoria gevind en sy liggaam is ʼn dag later naby ʼn grondpad in die Cullinan-omgewing aangetref. Volgens die nadoodse ondersoek is hy aangerand en gewurg.

Johan Martin Kichebrand is kort daarna in ʼn hospitaal in verband met die moord in hegtenis geneem.

Hy het Maandag op ʼn aanklag van moord en regsverydeling in die landdroshof verskyn en het aangedui dat hy gaan skuldig pleit. Hy het ook enige regshulp van die hand gewys en aan die hof gesê hy gaan homself verteenwoordig.

Kichebrand het ook gesê dat hy nie aansoek wil doen om borgtog nie. Hy bly dus tot sy volgende hofverskyning agter tralies.

Hy het glo verlede week reeds uitwysings aan die polisie gedoen en ʼn bekentenis afgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elmarie ·

Ek hoop hierdie man verskaf ‘n verduideliking aan die familie van die vermoorde man

Elize ·

Wyse besluit. Jy weet jy is skuldig, jy mors niemand se tyd en staan pa vir jou dade. Wens daar is meer wat dit wil doen.

Belinda ·

ekt sy naam gaan opsoek. motor kaper. Hoop hy kry lewenslank.

Anthony ·

Kan dit hy wees? Op IOL se dit hy het in Aug 2000 n vonnis van 156 jaar tronkstraf opgele is Belinda

Pieter ·

Ja Belinda. Die man is in 2000 vir 165 jaar tronk toe gestuur. In 2013 al uit op parool en ‘n kar gekaap in Mosselbaai. Die regstelsel is siek, hy moes nooit op parool uit gekom het nie, Jaco kon nog gelewe het.

Martie Smartie ·

Ek hoop die familie en afhanklikes stel n reuse siviele eis in teen die staat, veral gevangenis dept. Hulle nalate het n grooot bydrae gehad hiertoe. White trash

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.