Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die verdagtes word verbind aan die moord op Silver Moremi op 16 September. Moremi is in Ivory Park doodgeskiet terwyl hy sy motor se band laat herstel het.
Volgens Minnaar is Moremi se gesteelde vuurwapen in ʼn sak in die gesteelde motor gevind. Die twee verdagtes en nog ʼn man is verlede Woensdag in Fourways in hegtenis geneem. Die mans het in ʼn Mercedes Benz gery toe hulle in ʼn botsing met ʼn BMW betrokke was. “Daar is vasgestel dat die mans van veiligheidswagte probeer vlug het.”
Twee ongelisensieerde vuurwapens is in die Mercedes Benz gevind. Twee van die mans het gevlug en in ʼn kwekery naby die toneel weggekruip voor hulle in hegtenis geneem is. Die derde man is in die motor gevind. Sy been was gebreek. ʼn Vierde verdagte het te voet gevlug en is steeds soek.
Volgens Minnaar is die Mercedes Benz in November in Pretoria gesteel. Die verdagtes sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.
Sien, een of ander tyd loop jy jouself was … in die Gereg … en dan is dit nag vir jou … “crime does not pay”