Verdagtes aan metrobeampte se moord verbind

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat in hegtenis geneem is vir die besit van ʼn gesteelde voertuig, word ook aan die moord op ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte verbind.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die verdagtes word verbind aan die moord op Silver Moremi op 16 September. Moremi is in Ivory Park doodgeskiet terwyl hy sy motor se band laat herstel het.

Volgens Minnaar is Moremi se gesteelde vuurwapen in ʼn sak in die gesteelde motor gevind. Die twee verdagtes en nog ʼn man is verlede Woensdag in Fourways in hegtenis geneem. Die mans het in ʼn Mercedes Benz gery toe hulle in ʼn botsing met ʼn BMW betrokke was. “Daar is vasgestel dat die mans van veiligheidswagte probeer vlug het.”

Twee ongelisensieerde vuurwapens is in die Mercedes Benz gevind. Twee van die mans het gevlug en in ʼn kwekery naby die toneel weggekruip voor hulle in hegtenis geneem is. Die derde man is in die motor gevind. Sy been was gebreek. ʼn Vierde verdagte het te voet gevlug en is steeds soek.

Volgens Minnaar is die Mercedes Benz in November in Pretoria gesteel. Die verdagtes sal binnekort in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Sien, een of ander tyd loop jy jouself was … in die Gereg … en dan is dit nag vir jou … “crime does not pay”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.