Verdagtes beroof gesin; skiet sersant

Argieffoto

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep van vier of vyf verdagtes wat glo ʼn polisiesersant Dinsdag in die vroeë oggendure buite ʼn huis in Tzaneen geskiet het nadat hulle kort vantevore ook ʼn gesin op die dorp beroof het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietvoorval is omstreeks 01:00 uitgevoer deur verdagtes wat glo koeëlvaste baadjies gedra het.

Volgens Mojapelo was die beampte saam met ʼn kollega besig op patrollie in Tzaneen toe hulle na die kollega se huis gery het om ʼn selfoonlaaier te kry. “Die sersant se kollega het in die huis ingegaan en ʼn skoot gehoor. Toe die beampte deur die venster loer het hy vier mans wat glo polisie-koeëlvaste baadjies aangehad het gesien. Die verdagtes het in nabygeleë bosse in gevlug en die gewonde sersant en die polisievoertuig agter gelaat.”

Mojapelo het gesê die sersant is van sy dienspistool en selfoon beroof. Hy het gesê die kollega het die gewonde polisiebeampte op die grond waar hy gelê het aangetref.

Volgens Mojapelo het dieselfde verdagtes glo sowat 30 minute voor dié voorval by ʼn huis in Medipark in Tzaneen ingebreek en die man, sy vrou en hul kind met vuurwapens aangehou. Die verdagtes het die gesin gedwing om op die vloer te lê voordat hulle van ʼn selfoon en ʼn wit Nissan Sentra beroof is.

“ʼn Taakspan is saamgestel en werk hard om die verdagtes op te spoor,” het Mojapelo gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die saak kan die polisie by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Coen Hattingh ·

Waarom sê my kop vir my dat misdaad stadig maar SEKER buite beheer raak?

neels ·

Iets se vir my daar is meer aan die storie as wat die kollega wil voorgee. Hoekom net die een polisieman skiet en nie wag dat die ander een ook uitkom nie.

LB S ·

Dankie, my eerste gedagte ook toe ek lees die kriminele het koeëlvaste baadjies aan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.