Verdagtes beseer in skietery met polisie

Argieffoto

Argieffoto

Twee persone, albei 28 jaar oud, is Dinsdag in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal geneem ná hulle in ʼn skietgeveg met lede van die provinsiale taakspan beseer is.

Lede van taakspan het Dinsdagoggend omstreeks 11:30 op die N2 naby Higgonsonweg-afrit gery toe hulle ʼn blou Polo-motor opgemerk het. Die beamptes het vermoed die motor het onklaar geraak, aangesien daar nie insittendes was nie. “Toe hulle die motor nader, het vier mans vinnig na die motor gehardloop,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die mans het op die beamptes begin skiet en hulle het teruggeskiet.”

Twee van die verdagtes is gewond en is na ʼn hospitaal geneem. “Die polisie het twee 9 mm-pistole in hul besit gevind. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in enige ander misdaad gebruik is.”

Twee verdagtes is steeds op vrye voet.

“Die twee persone wat in hegtenis geneem is sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Wonder wat word van al die wapens wat gekonfiskeer word. Is iemand op hoogte daarvan?

Peet Schabort ·

Natuurlik geen deposito betaal by hospitaal of bewys van lidmaatskap van ‘n mediese fonds getoon.
En natuurlik 5*-behandeling.

Winston ·

Hulle moet liewer vasstel uit watter arsenaal die wapens kom. Weermag of Polisie? Wie ontvang die wapens volgende? Nee Peet as jy n belasting betaler is moet jy al die vereistes nakom vir behandeling by hospitaal. Andersins gladnie.

Peet Schabort ·

Onthou hulle is nie belastingbetalers Winston en dis my bedoeling.

Gerhard Bezuidenhout ·

Wonder in watter hospitaal word hulle behandel . Hulle behoort eintlik na een van die vuilste Staatshospitale gestuur te word waar hulle ook soos gewone pasiente ure en selfs dae le en wag vir behandeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.