ʼn Groep gewapende mans het op die vlug geslaan met ʼn reusebedrag geld ná hulle ‘n kluis én ʼn OTM oopgeblaas het in Noordwes.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê dié voorval het Woensdagoggend vroeg by die Moruleng-winkelsentrum naby Mogwase plaasgevind.
“Die verdagtes het probeer om toegang tot verskeie winkels te kry, maar die alarms het afgegaan,” het Rikhotso verduidelik.
Die verdagtes is daarna na Cash Build waar hulle ʼn kluis oopgeblaas en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug het. “Hulle het daarna ʼn Capitec-OTM ook oopgeblaas en R450 000 gesteel.”
Daar het ʼn skietgeveg tussen veiligheidswagte en die verdagtes ontstaan. Niemand is tydens die skietgeveg beseer nie.
Die verdagtes het met verskeie voertuie van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die saak.
Inside job
Ag nonsense man! waar het jy gesien R450 000 in ‘n OTM en dit nog die tyd van die maand??
Hoekom nie?
Jo! Net in Suid Afrika waar jy vinnig 450 000 kan trek by ‘n atm. Haaaaa!!
My limit is maar skraps.. So gaan hul aanhou en aanhou en aanhou want hul kom weg daarmee…
Presies oor kriminele aktiwiteite soos hierdie dat die sekuriteitsbedryf fenomenaal groei en die tempo gaan handhaaf. Die optrede vereis nou meer wagte wat nog beter toegerus is.
My vraag is net, waar kry hulle so maklik die plofstof in die hande??? Mens koop dit mos nie by n hardeware winkel nie?
Die misdadigers is orals in mekaar ingeweef maar ons het mos vir wolf die skaapwagter gemaak. Hoe dan nou anders.