Verdagtes bots teen motor tydens jaagtog

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek [Foto: Verskaf]

Vier mense is beseer toe verdagtes in ’n motor van die polisie probeer wegkom het en teen ’n ander motor gebots het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, het die ongeluk Vrydag omstreeks 14:00 op die hoek van Bartlepad en Queen Maryweg in Umbilo, Durban, plaasgevind.

Jamieson sê volgens inligting het ’n onbekende aantal verdagtes in ’n voertuig weggejaag van die polisie wat hulle agternagesit het.

Vier is beseer toe die twee voertuie teen mekaar bots [Foto: Verskaf]

“Tydens die jaagtog het die verdagtes se voertuig by die padaansluiting teen ’n ander voertuig vasgery,” bevestig Jamieson.

Jamieson sê paramedici van ALS Paramedics is na die toneel ontbied en het daar ’n algehele bloedbad aangetref.

“Vier mense het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Shakespeare ·

Jaaa boet. Ons land is so vrot vd kriminele van bo tot onder. Siek man siek !!!

Harley Davidson ·

Ongelukkig kan skelms ook leer om motor te bestuur en wapens te hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.