Verdagtes brand huise af van groep wat met moord verbind word

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in Limpopo is op soek na ʼn groep verdagtes wat Saterdag onderskeidelik twee huise en twee motors buite Burgersfort in dié provinsie afgebrand het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die voorvalle het glo by die Shakung-nedersetting plaasgevind.

Luidens ʼn verklaring het gemeenskapslede ʼn man begrawe wat einde verlede maand saam met sy honde in die nedersetting vermoor is net voordat die groep op die huis afgestorm het.

Volgens Ngoepe word die eienaars van die huis én die motors, glo verskillende eienaars, met die moord op die man verbind. Die twee voorvalle het onderskeidelik buite Burgersfort en buite Tzaneen plaasgevind.

“Die gemeenskapslede het die twee families direk ná die begrafnis aangeval. Hulle het eers die een familie se huis tot teen die grond afgebrand en toe ook twee motors aan die brand gesteek. Daarna het ander lede van die gemeenskap ook ʼn huis in die Moyakayaka-nedersetting afgebrand,” sê hy.

Sommige van die slagoffers het ook ligte beserings opgedoen toe die gemeenskapslede hulle met klippe gegooi het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorvalle veroordeel. Ledwaba het inwoners gewaarsku om nié die reg in eie hande te neem nie. Hy het gesê hierdie voorvalle bly onwettig, selfs al is die slagoffers skuldig, en die skuldiges sal moet boet.

Mense met meer inligting oor die voorval word versoek om kapt. Gezani Khosa by 082 414 3070 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karolis ·

Geagte Kaptein Khosa,
kontak dadelik vir Lt.Kol.Ngoepe.
Lt.Kol.Ngoepe weet (par 4) al ongeveer ‘n maand lank presies wie almal met die moord op die man verbind word.
Lt.Genl.Ledwaba, ek stel voor jy stuur jou lede uit die stasies (vir hulle eie veiligheid) asook om die skuldiges wat al geruime tyd los rondloop te gaan toesluit.
Kaptein Khosa, moet nie vergeet om my te vergoed vir my informasie nie. Ek sal op my beurt weer deel met my informant te wete M/M

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.