Verdagtes brand los op Fidelity ADT-beampte

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Fidelity/Facebook)

Fidelity ADT het Dinsdag in ʼn verklaring hul beampte Nicolaus Mabunele en personeel, wat op sy noodroep reageer het, geloof dat hulle kopgehou het toe verdagtes skielik op Mabunele losgebrand het.

Mabunele was Saterdag besig met ʼn roetine patrollie in Fehrsenstraat in Brooklyn toe ʼn gryskleurige Honda skielik voor sy Fidelity ADT-voertuig stilgehou het.

“Twee verdagtes het uitgeklim het op hom geskiet. Hy kon wegjaag en ʼn kort jaagtog het gevolg terwyl hulle op hom bly vuur het,” het Jacqui Moloi, woordvoerder van die maatskappy, gesê.

Mabunele het uiteindelik stilgehou en op die verdagtes teruggeskiet. “Hy het een van die verdagte motor se voorste band getref. Die beampte het ook een van vyf verdagtes in die been skiet. Die verdagte se medepligtiges het begin vlug.”

Mabunele kon ook een van die voortvlugtiges aankeer, maar die ander drie het gevlug. “Die voertuig en twee verdagtes is aan Brooklyn-polisie oorgegee.”

Moloi sê die maatskappy wys graag op die noodsaaklikheid van volgehoue opleiding en ontwikkeling. “Die beamptes het hierop staatgemaak om veilig te bly. Hy het ʼn benarde situasie verander in ʼn suksesvolle inhegtenisneming van twee verdagtes.”

Leon Muller, distrikbestuurder van Fidelity ADT, het Mabunele en sy kollegas geloof vir hul professionele optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Richard ·

Skrikwekkend dat sigbare polisiëring in die hande van private sekuriteitsmaatskappye is. Wel gedaan!

Jan ·

Ja, absoluut skrikwekkend. En dan wil hulle nog hierdie veilgheidsbeamptes se vuurwapens wegvat deur wetgewing. Waar gaan ons heen!!!

Mallie ·

Sulke brave mense moet beloon word. Dan sal daar meer sukses stories wees.

ES ·

Polisie en privaat sekuriteitsbeamptes is deesdae die grootste slagoffers van misdaad want hulle word geskiet vir hul vuurwapens.

Casper ·

As die lafaards van hulle eie medisyne terug kry dan hardloop hulle weg.Welgedaan Mabunele.Antwoord vuur met vuur en die hoedman wil ontwapen.Dink net hoeveel moorde,transito rooftogte en ander misdade gaan in piesangland plaasvind.

Waarnemer ·

Bly jy is veilig my ou,jy sasl net moet leer om meer akuraat ste skiet…dooie getuies praat nie.

Kokerboom ·

Welgedaan. Dki ADT en Mabunele dat jy my woongebied beveilig. Onttrek asb SAPD en laat privaat polisiëring werk doen in ons woongebiede! Staat moet instaan vir finansiering maar sal sal heelwaarskynlik ook ‘n gemors daarvan maak!

christo ·

‘n Gesoute SAPD lid met jare se ondervinding het my onlangs meegedeel as dit nié vir private sekuriteitsmaatskappye nie was SA in totale anargie.

christo ·

Gewapende reaksie eenhede het gewoonlik net een persoon per voertuig. Die beampte het hom uitstekend
van sy taak gekwyt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.