Die Gautengse polisie is op die spoor van twee verdagtes wat Maandag ’n motoris in Garsfontein in die ooste van Pretoria doodgeskiet het.
Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die oorledene, ’n werknemer by ’n koerieronderneming, het een van die onderneming se afleweringsvoertuie begelei toe hy vanoggend by ’n verkeerslig naby Delfiweg stilgehou het.
Volgens Peters het twee gewapende verdagtes doodluiters na die man se motor gestap en verskeie skote afgevuur.
“Die beseerde bestuurder kon daarin slaag om uit die voertuig te klim en het in die veld langs die pad gehardloop waar hy inmekaargesak en aan sy beserings beswyk het,” sê Peters.
Die motief vir die moord is in dié stadium onbekend.
Die polisie doen ’n beroep op die publiek om inligting rakende die voorval by die Garsfontein-polisiestasie of die Misdaad Stop-nommer by 08600 10111 aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ek het net nie meer woorde nie.
En die is nou nuus hoekom, n man in geskiet en ongelukig oorlede
die is mos nie nuus nie dis elke dag se storie glad nie verbaas wat aangaan nie
Saterdagaand het drie mans na vriende van ons se dogter en skoonseun in ‘n parkeer terrein in Randburg geloop en die vrou in die gesig geskiet en gevlug. Niks gevat nie. Ons land is onder Anargie. Die Wilde Suide (teenoor die Wilde Weste).
En ek is heilig oortuig die oorledene is blank!!!
En die motief vir die moord is nie werklik so onbekend nie.
Dit kan basies net 2 redes wees.
Mafia wat oorneem.et taxis Vervoer ens.