Twee verdagtes is doodgeskiet en ʼn ander gewond toe hulle Sondagoggend gedurende ʼn erediens op ʼn kerk in Rooihuiskraal-Noord in Centurion toegeslaan het.
JP le Roux, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Monitor Net, het aan Maroela Media gesê drie gewapende verdagtes het omstreeks 11:45 gedurende ʼn erediens by ’n kerk in Escourtstraat ingestorm terwyl een verdagte in ʼn wegkommotor buite die kerk gewag het.
Volgens Le Roux het twee van die verdagtes deur gemeentelede se persoonlike besittings gekrap terwyl een van die verdagtes ʼn vuurwapen op die pastoor gerig het. Die pastoor is ook met die vuurwapen oor die kop geslaan; hy is nie ernstig in die voorval beseer nie.
Le Roux het verduidelik dat een van die gemeentelede ʼn gelisensieerde vuurwapen by hom gehad het waarmee hy toe op die verdagtes in die kerk losgebrand het. Twee van die verdagtes is op die toneel dood terwyl die derde verdagte saam met dié buite die kerk in die wegkommotor op die vlug geslaan het.
Geen gemeentelede is gedurende die voorval beseer nie.
Die owerhede en nooddienste was vanoggend op die toneel.
Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Pragtig. Ek hoop elke wetsgehoorsame burger bewapen hulself en weet hoe om daai wapen te gebruik.
Ons het die reg om onsself te verdedig, die dae van stilsit en niks doen is verby. Ongelukkig is dit hoe dit deesdae gaan. Dankbaar gemeentelede en pastoor is ok
Hulle het duidelik die verkeerde ” sagte ” teiken gekies. AB huil in sy hande.
Die nuwe lewenstyl sal wees elkeen vir hom self en almal moet reg in eie hande neem dit is die wet van suid afrika
Hoe laag en gemeen kan jy wees om n erediens te ontwrig. Verrassing vir hulle gewees toe daar n skietyster gebruik kon word. Hoop die ander twee word ook vasgetrek.