Verdagtes doodgeskiet tydens gewapende roof by kerk

Die owerhede op die toneel. (Foto: Verskaf)

Twee verdagtes is doodgeskiet en ʼn ander gewond toe hulle Sondagoggend gedurende ʼn erediens op ʼn kerk in Rooihuiskraal-Noord in Centurion toegeslaan het.

JP le Roux, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Monitor Net, het aan Maroela Media gesê drie gewapende verdagtes het omstreeks 11:45 gedurende ʼn erediens by ’n kerk in Escourtstraat ingestorm terwyl een verdagte in ʼn wegkommotor buite die kerk gewag het.

Volgens Le Roux het twee van die verdagtes deur gemeentelede se persoonlike besittings gekrap terwyl een van die verdagtes ʼn vuurwapen op die pastoor gerig het. Die pastoor is ook met die vuurwapen oor die kop geslaan; hy is nie ernstig in die voorval beseer nie.

Die owerhede op die toneel. (Foto: Verskaf)

Le Roux het verduidelik dat een van die gemeentelede ʼn gelisensieerde vuurwapen by hom gehad het waarmee hy toe op die verdagtes in die kerk losgebrand het. Twee van die verdagtes is op die toneel dood terwyl die derde verdagte saam met dié buite die kerk in die wegkommotor op die vlug geslaan het.

Geen gemeentelede is gedurende die voorval beseer nie.

Die owerhede en nooddienste was vanoggend op die toneel.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Haan ·

Pragtig. Ek hoop elke wetsgehoorsame burger bewapen hulself en weet hoe om daai wapen te gebruik.

Ertjie ·

Ons het die reg om onsself te verdedig, die dae van stilsit en niks doen is verby. Ongelukkig is dit hoe dit deesdae gaan. Dankbaar gemeentelede en pastoor is ok

Sobymykoolkop ·

Hulle het duidelik die verkeerde ” sagte ” teiken gekies. AB huil in sy hande.

Werner ·

Die nuwe lewenstyl sal wees elkeen vir hom self en almal moet reg in eie hande neem dit is die wet van suid afrika

Peetjie ·

Hoe laag en gemeen kan jy wees om n erediens te ontwrig. Verrassing vir hulle gewees toe daar n skietyster gebruik kon word. Hoop die ander twee word ook vasgetrek.

JBN ·

Mooi so. Dit is goeie nuus. FP, AB en Faf gaan seker nou weer die knie buig vir die twee gevalle kriminele.

Spook ·

Wou net dieselfde ding sê. As dit so aangaan, gaan hulle moet gaan vir veloorplantings op hulle kniee.

Prikkie ·

So sal ons Hemelse Vader ons beskerm mits ons bereid is om ons deel te doen.

Miskruier ·

Jammer dat hul nie geweet het van die groter rykdom, meer as die kollektegeld, die lewe saam met Christus.

Anoniem ·

Daardie gemeente lid verdien ‘n bottel of 3 Jack Daniel’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.