Verdagtes erken hulle het non verkrag, vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die twee mans wat tereg staan vir die moord op en verkragting van ʼn 86-jarige non van KwaZulu-Natal, het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuld erken.

Mondli Michael Shozi (26) en Sbongiseni Phungula (25) het ook skuld erken op ʼn aanklag van diefstal nadat die liggaam van Gertrud Tiefenbacher, ʼn non van Oostenryk, op 19 April langs haar bed in haar kamer in die Sacred Heart-klooster gevind is.

Haar hande was met die elektriese koord van haar tikmasjien vasgebind en ʼn nat handdoek, waarmee sy vermoedelik versmoor is, was oor haar gesig.

Die openbare galery was stampvol nonne van Tiefenbacher se klooster. Advokaat Zina Anastasiou was in die hof om die verdagtes se skulderkenningsverklarings voor te lees.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.