Verdagtes geskiet ná hulle speelgoedgewere op polisie rig

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groep mans, glo onwettige myners, is oor die naweek in ʼn Hop-huisie in Daveyton, Gauteng, in hegtenis geneem.

Lt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het gesê die beamptes het Saterdag omstreeks 19:00 ʼn klopjag op die huis uitgevoer nadat hulle ʼn wenk ontvang het dat 11 mans glo onwettig vir gouddeeltjies myn.

“Twee van die verdagtes het glo gewere op die polisiebeamptes gerig en die polisie het op hulle geskiet en hulle gewond. Dit is eers later vasgestel dat die verdagtes se vuurwapens speelgoedgewere was,” het Makhubele gesê.

Die twee gewonde verdagtes is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is daar onder polisiebewaking.

Nege verdagtes is in hegtenis geneem en word by die Daveyton-polisiestasie aangehou.

Die verdagtes, tussen 30 en 52 jaar oud, moet binnekort in die Springs-landdroshof verskyn op aanklagte van onwettige mynboubedrywighede en die besit van mynboutoerusting.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Steel hulle? Ek glo nie.
Is dit ordentlik vir plasing?

Peet Schabort ·

In my geval moet daar eers op my geskiet word vóór ek durf skiet en dan ook EERS na ‘n waarskuwingskoot.
Hoe werk dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.