Verdagtes gesoek oor verkoolde liggaam in motor

Foto: SAPD Limpopo

Die polisie in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná die liggaam van ʼn persoon, wat onherkenbaar verbrand is, in ʼn uitgebrande BMW in die bosse langs die N1 gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die motor is Woensdagoggend omstreeks 05:45 tussen Modimolle en Bela-Bela (Warmbad) gevind.

“Brandbestryders het die polisie ontbied toe verbygangers hulle in kennis gestel het van ʼn motor wat langs die pad uitbrand. Die polisie het vinnig reageer en toe hulle by die toneel opdaag, het die brandweer reeds die brand geblus,” het Mojapelo verduidelik.

“Die polisie het met ʼn ondersoek begin en op die verkoolde liggaam afgekom. Die liggaam was op die bestuurder se sitplek. ʼn Vuurwapen is ʼn paar meter verder in die gras opgespoor.”

Mojapelo sê polisiebeamptes vermoed die oorledene is geskiet voor sy aanvallers die motor aan die brand gesteek het.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Die liggaam sal deur DNS-toetse uitgeken word en die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word.”

Enigiemand met verdere inligting oor die voorval kan kapt. Hendrick Nienaber kontak by 082 656 8606.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lolla

Die voertuig lyk nogal beskadig en die vuurwapen naby die toneel?

RS

Is die nommerplate ook als verbrand en die vinnomer van engin? Kan dit nie help met die id van die persoon nie?

Realis

Dit lyk of daardie motor in ‘n ongeluk betrokke was voor die brand. Dalk het hy tot daar gerol en die vuurwapen het uitgeval gedurende die ongeluk? Dalk gladnie ‘n misdaad nie, net iemand wat agter die stuur aan die slaap geraak het?