Verdagtes gevang met polisie se handradio’s

(Argieffoto)

Twee verdagtes is Vrydagaand in die Mfuleni-nedersetting naby Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van polisie-handradio’s gevind is.

Volgens kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is die polisie ontbied toe verdagte voertuie in ’n oop stuk veld naby die Blue Downs-stadion gewaar is.

“Polisiebeamptes het die voertuie, wat soos insleepwaens gelyk het, genader. Die polisie het ’n roetine-ondersoek van stapel gestuur,” sê Traut.

“Die soektog het tot die opsporing van twee polisie-handradio’s gelei wat van die Kleinvlei-polisiestasie gebuit is.”

Twee verdagtes, tussen 24 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom.

Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Intussen het lede verbonde aan die Moorreesburg-polisiestasie ’n dwelmoperasie in die gebied uitgevoer en ’n 41-jarige man Vrydagaand in hegtenis geneem. Hy was in die besit van tik en Mandrax, asook R2 415 kontant, wat vermoedelik die opbrengs van dwelmsmokkelary is.

Die verdagte sal Maandag sy hofverskyning in Moorreesburg maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Die kraaie van die paaie het net direkte verbinding met die Sapd bewerkstellig om vinnig op n ongelukstoneel te wees, vra eerder onder wie se beheer was die radios toe dit gebuit !!

Pietertjie ·

Is julle seker die handradio’s was gebuit, en nie net gewoon “uitgeleen” of “verhuur” nie?

Di ·

Lyk vir my of die Wes Kaap ook net so in ‘n kriminele HOOL verander het. Misdaad is landwyd BUITE BEHEER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.