Verdagtes gevonnis oor skade aan spoorlyn

Foto verskaf deur die Valke

Sam Smago (36) en Clement Pafiwa (35) is in die Graskop-streekhof in Mpumalanga gevonnis op aanklag dat hulle infrastruktuur, naamlik spoorlyne, beskadig het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Smago en Pafiwa is Woensdag elkeen tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is op voorwaarde dat hulle nie aan ʼn soortgelyke oortreding skuldig bevind word nie.

Die twee mans is vroeër in Februarie in hegtenis geneem deur die Valke se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, in samewerking met Phoenix Security en Transnet.

“Die twee mans is ook tot ʼn verdere 12 maande tronkstraf gevonnis vir onwettige immigrasie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Die hof het hulle ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nie Verbaas ·

En die twee “menere” gee ook glad nie om hoeveel onskuldige mense se dood hulle kan veroorsaak nie.

Cherokee ·

As hulle gevonnis is, is daar een titel waarop hulle nie meer aanspraak kan maak nie. Dit is die verdagte een.

Pieter J ·

Ek dink hulle moet swaarder gestraf word. Spoorinfrastuktuur is geweldig duur.

Leon ·

Oor 14 dae betaal hulle iemand in ‘n hoëe pos en hulle is op borgtog vry.

Magda ·

straf te lig – moet 25 jaar elke wees en moet 20jaar vd uitdien.
want dit wat hulle gedoen het is soos iemand wat n moord beplan en dan gevang word, hoeveel mense kom gesterf het as dit nie vroegtydig gestop was nie. 25 jaar en niks minder nie.

Scalla ·

Dit is sabotasie , kla hul aan van terrorisme, straf hopeloos te lig, spoorstawe was seker bestem vir skroothandelaar, solank as wat daar n afset is gaan dit nie staak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.