Verdagtes gewond tydens skietery met Kaapse polisie

Een van die vuurwapens op die toneel waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Vier gewonde verdagtes is Woensdag onder polisiebewaking na ’n hospitaal vervoer nadat hulle glo op lede van die Wes-Kaapse polisie se blitspatrollie geskiet en dié teruggeskiet het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het inligting ontvang rakende ’n gesteelde wit Chevrolet wat in Goodwood in Kaapstad rondry. Die polisiebeamptes het vanoggend op dié inligting gereageer en die gesteelde voertuig met vyf insittendes in die omgewing opgemerk.

Die bestuurder van die voertuig het weggejaag en die polisiebeamptes het die verdagtes agternagesit wat in ’n jaagtog ontaard het. Die verdagtes het op die beamptes geskiet, wat op hul beurt teruggeskiet het.

Vier van die vyf verdagtes is raakgeskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die nooddienste is omstreeks 11:30 na Voortrekkerstraat ontbied waar hulle met hul aankoms vier mans op die sypaadjie aangetref het. Die owerhede was reeds op die toneel.

Een van die verdagtes is kritiek gewond terwyl die ander drie matige tot ernstige skietwonde opgedoen het.

Die mans is op die toneel behandel en pynmedikasie toegedien voordat hulle na ’n provinsiale hospitaal vervoer is vir mediese behandeling.

Rwexana sê die polisie het op die toneel beslag gelê op twee vuurwapens, ammunisie en die voertuig wat in Muizenberg as gesteel aangemeld is.

Die verdagtes sal almal in die Goodwood-landdroshof verskyn sodra hulle formeel aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Hooligans!

Sarel

Wonder oor twee dinge 1. Watter van die Pplidie gaa nou weer vervolg word. Hulle msg mos nie srlf verdedig nie
Hoekom van Privaat Ambulansdiens gdbruik en nie die Staat se dienx nie. Sal Goedkoper wees