Verdagtes gou aangekeer ná boervrou op plaas beroof is

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Vinnige optrede deur die Limpopo-polisie, boere van die gemeenskap en die Spoorsnyers, ʼn private veiligheidsmaatskappy, het gesorg dat drie verdagtes in hegtenis geneem is nadat hulle glo ʼn 70-jarige vrou op haar plaas aangeval en van vuurwapens beroof het.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê drie verdagtes het Woensdag in die vroeë oggendure op die vrou se plaas in die Laersdrif-omgewing naby Stofberg toegeslaan.

“Die vrou is aangerand en die mans het ses vuurwapens wat in die kluis was, gesteel voordat hulle gevlug het,” het Ledwaba gesê.

Die rolspelers het die verdagtes se spore gevolg en hulle binne 24 uur opgespoor en in hegtenis geneem. Die polisie het ook van die gesteelde vuurwapens teruggekry.

Die verdagtes moet binnekort in die Laersdrif-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en die besit van gesteelde eiendom.

Lt.genl. SF Masemola, provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap en die polisie geloof vir hul flinke optrede wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Human ·

70 jarige tannie alleen op die plaas, haar tuiste, blyplek,haar lewe. Drie “verdagtes” moes een kant vir die boere (goeie werk manne) gegee word sodat hulle die indringers bietjie onderhande kon neem en glo my alle vuurwapens so terug gevind gewees het. En geen getyd mors met hofsake nie.

Ina Visagie ·

Hul verskyn in die hof op huisroof en gesteelde eiendom in hul besit??? Ek lees dan hulle het die 70 jarige vrou AANGERAND??? So hulle word nie daarvoor vervolg nie. NEE HOOR!! Iewers is iemand aan die slaap.

alida ·

Bly die tannie lewe nog maar wonder of sy alleen gebly het. In die tyd waarin ons leef speel jy met vuur om alleen op ‘n plaas te bly.

alida ·

Armando, ek gee nie uit die hoogte advies nie. Ek is al 3 uur in die nag deur ‘n skurk aangeval en amper doodgemaak, my seun was al gekaap en twee keer geskiet en moes 3 gewapende rooftogte in sy huis afweer. Waarvan praat jy tog mens. Mens lees elke dag van hierdie goed en moet 24/7 paraat wees. Dink voor jy praat.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Daar word nou so baie skelms gevang die troke is al klaar oorvol dis a probleem

tamboti ·

Busvark jy’s te haastig man, jou blikbrein hou nie by nie.
Ja as ons na die misdaad syfers kyk, en diegene wat wel deur die howe gestraf word, reken ek ons tronk kapasiteit is totaal ontoereikend. Dit is hoekom misdadigers nie hul vonnisse kan uitdien nie, daar is nie plek vir hulle nie.
Ek reken ons moet dadelik die kapasiteit verdubbel maar dit moet nie daar stop. Die ware kapasiteit moet bepaal word volgens die hoeveelheid misdaad, So ook die polisie mag, die ondersoek- en regs kapasiteit ook. Is dit nie hoe die misdaad probleem in werklikheid hanteer moet word nie?
Die alternatief is: boendoe geregtigheid en vigilante optredes – wat is ons keuse? Die regering wil he ons moet net ‘Shurrup” en belasting betaal, geen of swak veiligheids diens ontvang en natuurlik op hul suksesse fokus – onbeperkte selfverryking.
Van die punt af, ja. Die veiligheids probleem met boere se enigste oplossing nou is permanente veiligheidsmagte op die plase, wie gaan dit finansier – kom ons vra die VN of enige internationale organisasie, of kan ons ‘n plaaslike vrywillige “diensplig” veiligheidsmag stig?

Berhalet Beukes ·

Malema op homself die pad op die skouer… Maar hy vergeet… Wat jy saai sal jy maai! Elke hond kry sy dag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.