Verdagtes in driedubbele moord gesoek

Twee motors het langs mekaar by ’n vulstasie stilgehou waarna skote skielik geklap het.(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in Orkney in Noordwes is op soek na verdagtes wat verband hou met ʼn voorval op die dorp waarin drie mense doodgeskiet is en nog ses gewond is.

Die voorval het by die Engen-vulstasie op die hoek van Flecker- en Shakespeareweg op die dorp plaasgevind.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê sake van moord en poging tot moord word tans ondersoek.

“Lede van die gemeenskapsdienssentrum by die polisiestasie het Maandag omstreeks 19:10 geweerskote naby die polisiestasie gehoor. Oomblikke later het een van die slagoffers, wat erg gebloei het, die sentrum binnegestorm. Hy het ’n vuurwapen by hom gehad.

“Die polisie is onmiddellik na die toneel.”

Tselanyane sê ’n wit Ford Ranger met vermoedelik drie insittendes het glo langs ’n Toyota Fortuner met vier insittendes naby die uitgang van die vulstasie stilgehou.

Die insittendes in die Ford Ranger het glo op die ander voertuig losgebrand en drie mense doodgeskiet. Die vierde insittende, sê Tselanyane, het daarin geslaag om weg te kom.

“Vyf omstanders is ook in die proses beseer en na ’n nabygeleë hospitaal geneem.”

Volgens Tselanyane is die motief vir die voorval onbekend en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die slagoffers is glo lede van die langafstand-taxi-vereniging wat tussen Noordwes en die Oos-Kaap werk.

Genl.maj. Dintletse Molefe, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel en opdrag gegee dat die polisie se 72 uur-aksieplan in werking tree om die verdagtes vas te trek.

Die polisie moedig enigiemand met inligting aan om speursers. Paul Ompie by 076 529 5025 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Gelisensieerde wapens neem ek aan gggmmmfff dink nie so nie! Die duiwel is letterlik los in die land. Kriminele sit met wapens en ons baklei teen selfverdediging en die res van die wette pffft

Deon ·

Paradys, krimenele paradys, ek hou nie van jou nie so ek “haal jou gou uit”…… Die duiwel is los in ons land

Phumba ·

3 taxi bende lede word vermoor en 72 uur aksie plan word in aksie gestel.
Boere gesinne word vermoor en dit word as huisbraak afgemaak.
Wit kind, jy is op jou eie!

Anoniem ·

Onthou net, ons boere is ‘n meulsteun om hul nekke en die mede landsburgers is beskermde wild

Werner ·

Jy hoef regtig nie genie te wees om te weet dat dit n taxi oorlog is nie

Anoniem ·

Mooi, waar is Hoed en SAGF organisasie nou? Dit is net lafaards wat so optree, asook die met ongelensieerde/onwettige vuurwapens. In my stilligheid wonder ek baie hoe aandadig is die huidige regerings amptenare/ministers aan hierdie soort optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.