Verdagtes in hof na hulle boer glo wil vermoor

Nomalanga Khumalo. Foto: SAPD

Nomalanga Khumalo. Foto: SAPD

Vyf verdagtes, wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn beweerde beplande moord op ʼn boer van Mpumalanga, het in die Bethal-landdroshof verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het Maandag gesê die vier mans en een vrou, wat Donderdag in die vroeë oggendure by hul onderskeie wonings in hegtenis geneem is, het saam in die beskuldigdebank verskyn. Die aanklagte is teen twee van die mans is egter teruggetrek en hulle is vrygelaat.

Volgens Sekgotodi is Nomalanga Khumalo (49) se borgtogaansoek onmiddellik aangehoor en borgtog van R30 000 is aan haar toegestaan. Sy was egter nie in staat om die borgtog te betaal nie en bly dus in polisieaanhouding.

Die borgtogaansoek van Bonginkosi Excellent Mnisi (33) en Dumisani Sambo (46) sal Vrydag aangehoor word, wanneer al drie verdagtes weer in die hof sal verskyn. Mnisi en Sambo bly ook tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, het op ʼn boer in die Bethal-omgewing se plaas gewoon. Die boer het hulle later versoek om die plaas te verlaat, maar die verdagtes het geweier. ʼn Hofbevel is later teen hulle uitgereik.

Sekgotodi het vroeër gesê die verdagtes het glo in 2016 beplan om die boer te vermoor. Die boer het hiervan te hore gekom en ʼn klag by die polisie ingedien.

Tydens die verdagtes se inhegtenisneming is ʼn ongelisensieerde vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in Mnisi se besit gevind. Die groep wou vermoedelik die wapen gebruik om die boer te vermoor.

Die drie verdagtes staan tereg op aanklagte van sameswering tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pik ·

Kan iemand asb vir my se hoe word borg bedrae uitgewerk ek verstaan dit nie

Zumie ·

Die beginsel is dat ‘n bedrag geld vasgestel word wat groot genoeg is dat die beskuldigde nie sal vlug nie gegewe sy omstandighede

E ·

Ek stem kom ons kyk wat sê die land se leiers oor die saak, en of daar nou reg en geregtigheid in ons land is. Demokrasie se betekenis in my woordeboek is dalk een van vele wat ń drukfout bevat.

Bee ·

Ek hoop die DA en 6 miljoen boere was vandag daar in Bethal om te toi-toi, stokke te swaai en poppe te hang, en landswye opskrifte te maak… soos wat EFF gemaak het met die doodskis storie??? Vra maar net?

Hoekom Christo ·

Hoekom moet Bee daar wees as hy nie eers in die area bly nie? Was JY daar? Die DA en ANC en EFF ry na alle howe toe, maak nie saak waar hulle bly nie want hulle kry ‘n salaris, as Bee by elke hofverrigting moet wees moet hy sy werk opgee so wie het JOU die pous hier oor ander gemaak? Ons praat spesifiek van politieke partye (ouens het in elk geval niks om te doen nie en kry reuse salarisse uit ons belastinggeld) wat sekere hofsake verteenwoordig wat hulle naby aan die hart lê, so hulle kan bekostig om rond te ry en stokke te swaai en te betoog. Verstaan jy nou of moet ek stadiger tik?

popeye ·

Ek kyk daai gesiggie so en ek weet die koppie is gebreinspoel deur : mass action, defiance campain, liberation before education ens. en ek besef ook my koppie is gebreinspoel deur juis daardieselfde dinge. Miskien moet ons nog meer vermoor word voordat julle aan die beurt kom….dink daaraan, dink ernstig!

E ·

Ja nee kyk, ek stem. Het self wisk. tot st. 8 gehad, was lekkerder om te tik (soos nou). Ek staan nou op die draad en vra: R30 000 vir iemand wat net “peace job” of miskien “vrede werk” (ironies) gedoen het?
Dit kan nie as “peace job” gesien word nie, nee o nee!!!!
Of miskien word, kom ons noem dit “spesiale breinspoellings slagoffers” meer gevra.

Mariette ·

Het hule R500 borg gekry het julle weer iets anders om oor te moan..Dink n punt word met die gemaak ..En ek is bly ..Daar is dalk geweet hulle sal nie borg kan bekostig so hulle moet bly sit ..

Jane ·

En so word die hand gebyt wat hulle gevoed en vir hulle gesorg het . maar hulle wil altyd op HULLE VOORWAARDES op ander se grond bly en die DEMANDS word net meer en meer tot die boer keelvol vir hulle VERNIET VERBLYF daar geraak het. Vrouens word ook nie meer uitgesluit nie, inteendeel omdat hulle baie keer as huiswerkers werk, weet hulle PRESIES wat aangaan in die mense se huise en gee al die inligting omtrent kluise, wapens en geld wat in die huis versteek is uit na ander vir ‘n gedeelte van die buit! Walglik.

Johann ·

SA moet volg wat ‘n ander Afrika land doen wat borg betref.
In Zambie is daar vir sekere misdade geen kans op borg nie.
Moord, verkragting

Katryn ·

Ek lees die kommentare van almal! Die meeste mense is g… vol! Ek is geen waarsegster of toordokter nie! Maar ek voel aan dat daar gaan ‘n punt in hierdie soort gemors kom! Almal wat geraak word plus ons wat dit ondersteun, gaan se: genoeg is genoeg en ‘n nuwe soort boereoorlog gaan uitbreek!

Skim ·

Hi Katryn, ek dink in plaas van boere-oorlog – wat ons ver sal verloor op grond van ons lae getalle, mense meer paraat begin raak en tweedens meer onttrek. Paraat is 100% korrek, en mense wat voorheen gedink het hulle plaaswerker wat skapies kom koop is onskuldig, nou nie meer die kans gee om ongenooid in hulle huise in te gaan of met alles vertrou soos in die verlede nie. Verder het die “kom ons wees goed vir almal en help die agtergeblewenes” ‘n wrang smaak in meeste se monde gelaat en GEE mense nie net meer en help omdat hulle ‘skuldig’ voel dat hulle meer het nie. Ek dink die ‘boere’ het nou hulle ‘customers’ leer ken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.