Verdagtes in hof oor vakansieslenter wat tot speurder se dood lei

Renette Wright (47) en Salome Klopper (54) tydens hul eerste hofverskeining, Foto: GrootFM

Renette Wright (47) en Salome Klopper (54) tydens hul eerste hofverskeining, Foto: GrootFM

‘n Egpaar van Montanapark in Pretoria en hul sekretaresse het Maandag in die hof verskyn op aanklag van bedrog en moord.

Hendrik Wright (65) en sy vrou Renette (47), en hul sekretaresse Salome Klopper (54), staan elk tereg op ʼn aanklag van moord en een van bedrog. Renette en Klopper het vlugtig in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn. Hendrik was nie in die hof nie, aangesien hy nog in die hoësorgeenheid van die Steve Biko-hospitaal behandel word nadat hy homself glo in die kop geskiet het.

Landdros Pierre Wessels het die saak tot 4 Augustus uitgestel wanneer die beskuldigdes formeel sal aansoek doen om borgtog en om Hendrik die kans te gee om te herstel.

Volgens die klagstaat het die verdagtes Adriaan Johnson van R26 000 beroof toe hulle onder ‘n valse maatskappy vir hom ‘n toer na Namibië gereël en met sy geld verdwyn het. Daar sal na verwagting meer klagtes by die saak gevoeg word.

Dit is nog nie duidelik wanneer Hendrik uit die hospitaal ontslaan gaan word nie. “As hy voor 4 Augustus ontslaan word, moet hy vroeër in die hof verskyn,” het Wessels gesê.

Maroela Media het verlede week berig ao. Ben Strydom (47), ʼn speurder van die Sinoville-polisiestasie wat die bedrogsaak ondersoek het, is tydens Hendrik se inhegtenisneming by sy huis in Montanapark noodlottig gewond. Hendrik het van die toneel weggejaag en is later deur die polisie op die Moloto-pad aangekeer. Hy het sy motor van die pad afgetrek, die vuurwapen op homself gerig en probeer selfmoord pleeg.

Renette en Klopper is ná die skietery in hegtenis geneem.

Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

Lees ook:
Paartjie in hof ná speurder se dood
Man skiet PTA-polisieman, homself

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Charmaine ·

Wat besiel sulke mense op hulle ouderdom om sulke dade te doen?
Geriegheid is n lelike ding!

Charmaine ·

Wat besiel sulke mense op hulle ouderdom om sulke dade te doen?
Geriegheid is n lelike ding! Hulle het seker nie gedink hulle gaan gevang word nie net jammer een persoon moes sy lewe afstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.