Verdagtes in Horner-moordsaak dalk privaat vervolg

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

AfriForum sê indien daar ʼn aanduiding is dat die owerhede met die Brendin Horner-saak inmeng of dat hul onbevoegdheid die saak beïnvloed, sal die burgerregteorganisasie privaatvervolging oorweeg.

Sekola Matlaletsa (45) en Sekwetje Mahlamba (33), wat aanvanklik vir Horner (21) se moord in hegtenis geneem is, is Donderdag van die moord vrygeskeld. Dit is omdat die uitslag van DNS-toetse nie Matlaletsa en Mahlamba met die moordtoneel kon verbind nie.

Een van dié verdagtes het na bewering reeds erken dat hy by die moord betrokke was.

Die hof het dié twee Vrydag ook onskuldig bevind op aanklag van skaapdiefstal.

Inligting oor polisiebetrokkenheid by veediefstalsindikate in die Vrystaat doen lank reeds die rondte en volgens Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte, is dit kommerwekkend.

“Dit skokkend dat dit die polisie oënskynlik ’n jaar geneem het om te besef dat die DNS wat op die toneel gevind is, nie met die verdagtes s’n ooreenstem nie,” sê Broodryk.

Boy Khambule, die staatsgetuie in die saak, het boonop Donderdag sy getuienis verander. “Dit skep die indruk dat iemand by die saak inmeng.”

“AfriForum se standpunt is steeds dat plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word sodat sake deeglik, sonder enige inmenging, ondersoek kan word.”

AfriForum het ook ’n regsverteenwoordiger aangestel om die hofverrigtinge by te woon en sodoende te verseker dat dit volgens voorskrifte verloop.

“Horner en die duisende ander slagoffers van plaasmoorde en -aanvalle verdien geregtigheid,” het Broodryk gesê.

Maroela Media het vroeër berig Horner is in Oktober verlede jaar op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing wreedaardig vermoor. Hy het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak.

Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Susan

I would not worry too much about whether or not these ‘agents’ are publicly/privately prosecuted in the future. If you are indeed guilty of heinous crimes , and you have no honour, dignity or humanity inside you, it will come back to haunt you.

Fritz

Groot slang in die gras! Kry hulle AfriForum!

Die Boerepompie

Ek dink daar het eits nie reg geloop met die saak nie .Daar is nou weer korripsie daar ….hoop dit kom uit

Althes

Dit is ñ swaar slag vir geregtigheid. Te lank is korrupsie en bedrog toegesmeer in staatsowerhede, onbevoegdheid en agterstand van DNS uitslae. Mag God ons genadig wees dat ons hierdie bose trein stop.
Sterkte Afriforum ons is dankbaar vir jul hulp

Genis

Dis eindelik so deursigtig, weereens n skandalige SAPD. Dit is was nooit vir hulle priorityd nie, toe Cele saam met Julius in die hof sit, moet jy weet, dis onder die mat invee sake… Aan die owerhede en die sklems: God sien als….