Verdagtes in ongeluk tydens jaagtog

(Argieffoto: Hansie Linde)

ʼn Man wat na bewering roekeloos bestuur het, is vandeesweek tydens ʼn hoëspoed jaagtog in die strate van Kaapstad onverwags tot stilstand gedwing toe hy teen ʼn stilstaande voorwerp gebots het.

Die man en sy passasier was glo in besit van dwelms en het probeer om die polisie te ontduik.

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê dat ʼn 33-jarige man en ʼn 39-jarige vrou Donderdag teen 10:50 in die strate van Kaapstad rondgejaag het en toe deur die polisie agterna gesit is.

“Die Maitland-blitspatrollie het saam met eenhede op die grond agter die verdagtes in die Kloofnek-omgewing aangejaag toe die man se voertuig teen ʼn voorwerp gebots het,” sê hy.

“Die hoëspoed jaagtog het naby Kloofnek- en Hillsideweg in Tamboerskloof tot ʼn einde gekom.”

In ʼn video wat op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe ʼn motor op die sypaadjie staan terwyl die inhoud daarvan op die grond neergestrooi is. ʼn Man, wat vermoedelik geboei is, sit teen die motor terwyl polisiebeamptes en lede van ʼn veiligheidsmaatskappy die toneel fynkam.

“Die twee verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en nalatige bestuur, asook die besit van dwelms,” sê hy.

Die verdagtes sal na verwagting eersdaags in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Geen genade, so moet die spul oorkom wat met hul dwelms ander mense se lewens help verwoes.

Robert

As jy in Kloofnek vir die polisie wil weg jaag moet jy jou storie ken, nie maklike pad daai nie.

DIABLO

Karma