Verdagtes in polisiemoord was voortvlugtiges

Die polisie het op verskeie onwettige wapens en ammunisie beslaggelê. (Foto: Verskaf)

Twee van die vier verdagtes wat met die moord op ’n waarnemende stasiebevelvoerder van die polisie verbind word, was voortvlugtiges wat op 26 Maart uit die aanhoudingselle van die Durbanse hooggeregshof in KwaZulu-Natal ontsnap het.

Volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, is die verdagtes kort voor hulle ontsnapping aan vyf moorde en poging tot moord in Mariannhill skuldig bevind.

“Die hof het verdaag, waartydens die verdagtes ontsnap het. Hulle sou ná die verdaging gevonnis word.”

Maroela Media het vroeër berig dat drie van vier verdagtes wat met verlede maand se moord op kol. Jabulani Ndawonde verbind word, Maandag in Pietermaritzburg doodgeskiet is nadat die polisie inligting oor die saak opgevolg het.

Die verdagtes is in ’n gesteelde voertuig aangekeer waarna hulle te voet probeer vlug het en deur die polisie agternagesit is. ’n Skietery het uitgebreek en drie verdagtes is doodgeskiet.

Die verdagtes is in ’n gesteelde voertuig aangekeer waarna hulle te voet probeer vlug het. (Foto: Verskaf)

Twee polisiehonde, Shaka en Simba, is ook tydens die voorval doodgeskiet. Nog ’n polisiehond, Duke, is gewond terwyl hy die verdagtes agternagesit het. Hy is met ’n helikopter vir mediese behandeling geneem. Volgens Mogale herstel Duke tans.

Die vierde verdagte het ontsnap en is steeds soek.

Die polisie het op verskeie onwettige vuurwapens in die verdagtes se besit beslag gelê.

Ndawonde is op 24 Mei in Ndwedwe, noord van Durban, doodgeskiet. Die verdagtes word ook met ander moorde in die omgewing verbind.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Nou gaan hoed ons seker nog steeds wil ontwapen, maar die kriminele sit met ongelisensieerde wapens dis om van naar te raak Swerwer!

Aai ·

Wys die foto regs do aan Bheki Cele SAPS R5 aanvalsgeweer niks anderste.Die misdadigers werk saam met die sap dit is hoekom hulle so maklik ontsnap het en met polisie wapens betrap is.En dan wil julle ons ontwapen nie maklik.Goeie werk aan die manne in blou wat nie korrup is.

Persheks Adri ·

Nóg onwettige wapens en ammunisie in kriminele se hande Cele!!! Jy gaan ons NIE ontwapen NIE hoor jy! Kom wat het jy vir jouself te sê?

Sarel ·

Persoon of Persone wie se ” nalatigheid” bygedra het
Die ontsnapping moet ook vervolg word

Gatvol... ·

Die honde was polisie beamptes! Rus in vrede en dankie vir julle harde werk! Verdien definitief ‘n staatsbegrafnis. Sterkte aan die manne wat hulle kollegas/vriende verloor het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.