Die Pretoriase polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir vier verdagtes wat moontlik met ʼn reeks rooftogte in die stad verbind word.
Konst. Conny Moganedi, polisiewoordvoerder, het identikits van die vier verdagtes vrygestel en gesê hulle word moontlik verbind met ʼn reeks rooftogte, veral in die Cullinan-omgewing, oos van die stad.
Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om die identikits van die verdagtes wyd te versprei in die hoop dat iemand die verdagtes kan identifiseer.
“Mense met inligting oor wie die mans is en waar hulle hul dalk bevind, word versoek om die Cullinan-polisie by 012 734 0751 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel,” het Moganedi gesê.
Bo regs en onder links lyk soos broers.
Onmiddellik toe ek die identikits sien, dink ek: “Dumb, Dumber, Dumberer and Dumbest”.