Verdagtes in Pta-omgewing gesoek

Die vier verdagtes wat gesoek word.

Die Pretoriase polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir vier verdagtes wat moontlik met ʼn reeks rooftogte in die stad verbind word.

Konst. Conny Moganedi, polisiewoordvoerder, het identikits van die vier verdagtes vrygestel en gesê hulle word moontlik verbind met ʼn reeks rooftogte, veral in die Cullinan-omgewing, oos van die stad.

Die polisie het ʼn beroep op mense gedoen om die identikits van die verdagtes wyd te versprei in die hoop dat iemand die verdagtes kan identifiseer.

“Mense met inligting oor wie die mans is en waar hulle hul dalk bevind, word versoek om die Cullinan-polisie by 012 734 0751 of Crime Stop by 0860 010 111 te bel,” het Moganedi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linette ·

Onmiddellik toe ek die identikits sien, dink ek: “Dumb, Dumber, Dumberer and Dumbest”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.